Artikelbron: cvandaag.nl
Maar de Heer zal uitkomst geven,
Hij, die ‘s daags Zijn gunst gebiedt.
‘k Zal in dit vertrouwen leven,
en dat melden in mijn lied.
Maar die Here sal red,
Hy wat sy guns in die dag beveel.
Ek sal in hierdie vertroue lewe
en dit in my lied verkondig.
Dit is die woorde van die vyfde vers van die bekende Psalm 42. In die video hieronder klink hierdie woorde uit die kele van ongeveer 2 000 Nederlanders in die Concertgebouw in Amsterdam. Die sang het geskied onder die inspirerende leiding van orrelis Marco den Toom. Hier is die Afrikaanse weergawe se woorde:
Kyk hier na die video en sing gerus saam in Afrikaans
Psalm 42
- Soos ‘n hert in dorre streke
skreeuend dors na die genot
van die helder waterbeke,
skreeu my siel na U, o God!
Ja, my siel dors na die HEER,
na die Lewensbron; wanneer
sal ‘k, ná swerftog en benouing,
God weer sien in klare aanskouing? - Trane stort ek in my klagte,
want die spotters vra vir my:
“Waar ‘s jou God?” My dae en nagte
gaan in droefenis verby.
Nog hoor ek die feesgedruis
wat weerklink het om u Huis,
Toe ‘k ‘n skaar daarheen gelei het,
my met hul in God verbly het. - O my siel, waarom onrustig?
En wat buig jy jou in my?
Waarom in Gods lof onlustig
as die vyand jou bestry?
Menigmaal het Hy jou druk
laat verwissel in geluk.
Hoop op God, in Hom weer rustig!
In sy lof sal ‘k my verlustig. - ‘k Dink aan God in donker dae
uit die land van die Jordaan;
Hermon hoor my kerme en klae,
met die klein gebergte, aan.
Weedom gryp my binnenste aan,
as u water oor my gaan,
as ek, in my smart bedolwe,
wegsink in u watergolwe. - Maar die HEER sal in my lewe
weer oordag sy guns gebied.
Ook deur donker nag omgewe,
sing ek nog my pelgrimslied.
Ja, ek lofsing in die nag,
want ek bly die HEER verwag;
my gebed sal opwaarts strewe
na die bronwel van my lewe. - HEER, my Rots, op U betrou ek.
Waarom dan vergeet U my?
Ganse dae en nagte rou ek
onder druk en dwing’landy;
want ek hoor die vyand spreek
wat my met sy spot deursteek,
en my toeroep met veragting:
“Waar ‘s die God van jou verwagting?” - O my siel, waarom onrustig?
En wat buig jy jou in my?
Waarom in Gods lof onlustig
as dié spotstem jou bestry?
Menigmaal het Hy jou druk
laat verwissel in geluk.
Hoop op God, in Hom weer rustig!
In sy lof sal ‘k my verlustig.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/12/2023
Foto: Skermskoot YouTube
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.









So mooi vir ons christene om dit te hoor en te sing