Artikelbron: cne.news
Holocaust-ontkenning sal uitdruklik in die Nederlandse Strafwet verbied word. Dit beteken dat dit volgens wet onwettig is om die massamoord op die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog te “ontken, te minag of goed te keur”.
Die verbod op sulke optrede beskerm die familielede van slagoffers van volksmoord of enige ander oorlogsmisdade teen “uitsonderlike kwetsende uitlatings wat hierdie soort internasionale misdade ontken of afmaak”, skryf die Nederlandse regering op sy webtuiste. Die verbod kom as ‘n toevoeging tot die misdade van diskriminasie en rassisme.
Dilan Yeşilgöz-Zegerius, die minister van justisie, wat agter die inisiatief is, sê dat “ontkenning van hierdie soort verskriklike misdade teen die mensdom iets is wat daagliks gebeur.” Sy merk gereeld dat die “monster van anti-Semitisme” weer sy kop uitsteek en dit bekommer haar. “Dit gaan oor goed en kwaad en om jou stem dik te maak as jy sien hoe die een in die ander verander. Kom ons hou aan om hierdie stories te vertel, veral wanneer die slagoffers van hierdie misdade dit toenemend nie meer self kan doen nie. Nie bedees en fluisterend nie, maar doelbewus en vol oortuiging.”
Enigiemand wat die verbod op Holocaust-ontkenning oortree, kan tot ’n jaar lank tronkstraf uitdien.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/07/2023
Foto: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.