Artikelbron: harbingersdaily.com
In ’n wêreld waar Christenskap voorheen as ’n hoeksteen van die samelewing gevier is, is die bordjies verhang, met Christene wat toenemend as die moeilikheidmakers van ons era gebrandmerk word. Die historiese teenwoordigheid van Christelike vervolging resoneer met hierdie tendens, dateer selfs terug na die Nuwe Wêreld se stigting deur Puriteine wat voor godsdiensverdrukking gevlug het.
Vandag se samelewing blyk gekenmerk te word deur die omkering van waardes, waar die goeie boos genoem word en die bose goed genoem word, iets wat die waarskuwing in Jesaja 5:20 weerspieël. “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.”
Opvallend is dat selfs nie-Christene egter die Christendom se positiewe invloed op die samelewing erken omdat dit morele en wetlike grondslae vir manierlike gedrag bied.
Tog dui onlangse gebeure op ’n verskuiwing in ingesteldhede. Byvoorbeeld, ’n skoolraad in Phoenix, Arizona, het sy verhouding met ’n Christelike universiteit beëindig weens besware van ’n LGBTQ+ raadslid. Dit illustreer ’n toenemende vooroordeel teen Christelike waardes in die samelewing. Soortgelyke tendense word in Amerika [asook Europa en Suid-Afrika] waargeneem.
’n Gemeenskap in Los Angeles se verontwaardiging omdat ’n kerk ’n skool se fasiliteit gebruik, is ’n verdere voorbeeld van hierdie neiging.
Hierdie verskuiwing het in 1980 begin met die Amerikaanse hooggeregshofsaak van Stone v. Graham, wat die Tien Gebooie uit openbare skoolklaskamers verwyder het. Hierdie verandering staan in teenstelling met die aanvaarding van sataniese groepe en twyfelagtige inhoud in hoofstroommedia.
In Australië word Christenskap dikwels aan regse ekstremisme gekoppel, met die geloof in Pre-millennialisme wat selfs nou as ’n “ekstremistiese ideologie” bestempel word. Hierdie perspektief het ’n breër minagting vir die Christendom aangevuur, wat as ’n bedreiging vir die samelewing beskou word.
Hierdie neiging strook met Johannes 3:19, waar mense duisternis bo lig verkies wanneer hulle dade boos is. Die samelewing betree ’n fase waar die goeie as boos beskou word, wat Christene ’n teiken maak. Wêreldwyd staan openbare amptenare toenemend vyandig teenoor Christelike waardes.
Hoewel Christene toenemend met ’n vyandige omgewing te kampe het, kan hulle troos put uit hul geloof en moet hulle gefokus op Jesus Christus bly. Dit is noodsaaklik om hulle stem te laat hoor en om sout en lig in ’n donker wêreld te wees. Tot en met die Wegraping het Christene ‘n verantwoordelikheid om hul geloof op grond van die Woord van God met vrymoedigheid te deel.
Die toenemende vyandigheid teen Christene is nie ’n nuwe verskynsel nie. Die skuld vir maatskaplike kwessies in die Romeinse Ryk is voor die deur van die vroeë Christene gelê. Al word die samelewing al hoe meer vyandiggesind, moet Christene standvastig bly en die waarheid praat.
In ’n wêreld wat meer vyandiggesind word teenoor geloof, moet Christene betrokke wees by die politiek en pleit vir Christelike beginsels. Hulle rol om die bose terug te hou, is deurslaggewend.
Verkorte artikel van Tim Moore. Vir die volledige artikel klik hier joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/10/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.