Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Reuben Kabwe, ‘n Bybelvertaler met meer as 24 jaar se ondervinding, bring ‘n dringende boodskap: “Mense vra waarom ons altyd so haastig is. Hulle besef nie dat ons in ons harte weet dat ons al klaar laat is nie.”
Hierdie ontnugterende realiteit het vir Reuben nuwe betekenis gekry toe hy Ndambaland besoek het. Die Nuwe Testament in die Ndamba taal is daar bekendgestel. Dit was ‘n viering gekenmerk deur vreugde en hoop. Wat die volgende dag gebeur het, het egter ‘n onuitwisbare indruk op Reuben gemaak.
Op sy pad huistoe, met ‘n hart vol vreugde en dankbaarheid, het hy ‘n ou dame teëgekom wat swaar op haar kierie geleun het. Hy het by haar tot stilstand gekom en vir haar ‘n Bybel gegee, met dié woorde: “Ouma, hier is die Woord van God in jou eie taal.”
Met verbasende krag het sy hom met haar kierie bygekom terwyl trane oor haar wange geloop het. Hy was stomgeslaan, bevrees dat hy haar geaffronteer het.
Sy het egter aan sy skouer gevat en deur haar trane vir hom gesê: “My seun, waarom het jy so lank gevat om te kom?”.
Haar woorde het hom diep getref. Dit was ‘n wat hulle lewens deurbring sonder om ooit die lewensveranderende krag van die Skrif in hulle eie taal te beleef. Hoe lank het sy gebid om die Bybel in die taal van haar hart te sien? Vir hoe lank het sy daarna gesmag om aan die jong geslag in haar dorpie die verhale in die Bybel te vertel?
“Ons dink ons beweeg vinnig,” sê Reuben “maar die waarheid is dat ons ver agter is.”
Vir Die Woord vir die Wêreld is hierdie ontmoeting ‘n oproep tot aksie. “Elke dag maak saak.”
DIS NOU DIE TYD OM OP TE TREE. ELKE TAAL WAARIN DIE BYBEL VERTAAL WORD BETEKEN NOG ‘N LEWE WORD AANGERAAK, NOG ‘N HART WORD GETRANSFORMEER.
As ons saamwerk kan ons die lig van die Bybel na elke hoek van die wêreld dra – een taal op ‘n keer.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 19/02/2025
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








