Geskryf deur: Louise Schoonwinkel
Artikelbron: Verskaf

Die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (BELA) het gelei tot belangrike gesprekke oor die toekoms van onderwys in Suid-Afrika. Na mate beleide ontwikkel, moet ouers ten volle ingelig wees oor hoe dit hul regte en die keuses wat tot hulle beskikking is beïnvloed. Terwyl die wet verskeie veranderinge instel, bly tuisonderrig ‘n wettige alternatief vir gesinne wat buigsaamheid in hul kind se opvoeding verkies.

Die rol van tuis- en aanlynskoolonderrig
“Tuisonderrig bied ‘n kurrikulum-belynde benadering wat verseker dat leerders aan nasionale onderwys standaarde voldoen, terwyl hulle buite ‘n tradisionele skoolomgewing studeer. Gesinne wat hierdie opsie kies, kan toegang kry tot dieselfde KABV-belynde kurrikulum as wat nasionaal aan hoofstroomskol voorgeskryf word,” sê Louise Schoonwinkel, besturende direkteur by Optimi Schooling, waarvan Impaq ‘n geregistreerde handelsmerk is.

Een van die belangrikste voordele van hierdie model is buigsaamheid. Tuisonderrig stel leerders in staat om te vorder teen ‘n pas wat by hul behoeftes pas, wat ook verseker dat hulle konsepte ten volle begryp voordat hulle aanbeweeg. Hierdie benadering kan veral voordelig wees vir leerders met unieke leerstyle, mediese toestande wat verhinder dat hul hoofstroomskole kan bywoon, diegene wat hoëprestasie-aktiwiteite soos sport of die kunste nastreef, asook gesinne wat ‘n alternatief vir konvensionele skoolstrukture benodig.

Onderwys wat by leerders se behoeftes aanpas
“Elke leerder het verskillende behoeftes, en dit is belangrik dat daar verskillende opsies is om  hierdie verskille te akkommodeer. Tuis- en aanlynonderrig bied ouers die opsie om opvoeding aan te pas wat by hul kind se leerstyl, belangstellings en toekomstige aspirasies pas,” verduidelik Louise.

Daarbenewens verseker tuisonderrig kontinuïteit van leer, veral in gevalle waar skoolplasing onseker is of waar gesinne gereelde verskuiwings ervaar. Die volg van ‘n gestruktureerde kurrikulum stel leerders in staat om weer maklik in te skakel, indien hulle later so sou besluit, by ‘n hoofstroom skool.

Die belangrikheid van ingeligte besluitneming
Ouers moet toegang hê tot akkurate inligting oor hul regte en opsies. Die implementering van nuwe beleide beteken nie dat alternatiewe onderwysmodelle nie meer toeganklik is nie. Inteendeel – dit beklemtoon dat ouers ingeligte besluite wil neem op grond van wat hul kind se opvoedkundige behoeftes die beste aanspreek.

Om die rol van tuis- en aanlynonderrig werklik te verstaan, is die sleutel tot die ontsluiting van ‘n leeromgewing waarin leerders kan vorder volgens hul eie vaardighede en doelwitte. Dit bied keuses wat die individue se unieke leerbehoeftes ondersteun, keuses wat krities is tot die lantermyn sukses van Suid-Afrikaanse leerders.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 12/03/2025
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit  www.freepik.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here