Geskryf deur: Geopende Deure SA
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Wil jy hulpbronne, ondersteuning en gebed aan ons vervolgde familie voorsien?
Vertrek in 2024 saam met Geopende Deure op ʼn onvergeetlike reis, waar jy die geleentheid sal hê om dié wat weens hul geloof in Jesus vervolg word, te besoek, te bemoedig en saam met hulle te bid.
Yvonne*, wat onlangs vir die eerste keer saam met Geopende Deure gereis het, vertel van haar ervaring toe hulle ʼn vlugtelingkerk in Turkye besoek het:
“Dit het soos ʼn stukkie van die hemel gevoel om daar te wees. Ek is gevra om saam met Marcia en haar seun, Michael, wat dieselfde ouderdom as ek is, te bid. Hy is op dialise en is baie siek. Dit was asof ʼn lig skielik binne-in my siel aangeskakel is. Dit was hulle versoek vir gebed, maar dit was ook my eie verhaal. Ek is 12 jaar gelede met chroniese nierversaking gediagnoseer, was op dialise en het ná ʼn nieroorplanting oorleef om vandag die verhaal te vertel.
“Ons het oor Michael se stryd met dialise gepraat, asook oor hoe hy weens sy vlugtelingstatus nie in staat is om ʼn oorplanting en broodnodige mediese hulp te kry nie. Ons het oor baie van ons gedeelde ervarings gepraat, en saam gebid en gehuil. Dit was ʼn Goddelike ingryping waarvoor die Here my die afgelope twaalf jaar voorberei het, en nou kon ek hierdie broer se las saam met hom voor die Kruis plaas.
“Toe ek wegstap, was ek nederig oor die ontmoeting wat die Heilige Gees halfpad rondom die wêreld vir my in die vooruitsig gehad het en in verwondering oor hoe Hy ons pyn uit die verlede gebruik om medegelowiges te bemoedig en hoop te gee.”
Wil jy hulpbronne, ondersteuning en gebed aan ons vervolgde familie voorsien?
Vertrek in 2024 saam met Geopende Deure op ʼn onvergeetlike reis, waar jy die geleentheid sal hê om dié wat weens hul geloof in Jesus vervolg word, te besoek, te bemoedig en saam met hulle te bid.
Sluit in 2024 by Geopende Deure aan na die volgende bestemmings om met ons vervolgde familie in verbinding te tree, hulle te bemoedig en hul hande vas te hou:
Klik op hierdie skakel vir meer inligting en om ’n brosjure te ontvang. www.opendoors.org.za/afr/raak-betrokke/reis/
*Naam verander en verteenwoordigende foto vir sekuriteitsredes gebruik.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 01/01/2024
Foto: Geopende Deure
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.