Geskryf deur: Lourieke Haller Artikelbron: biblesa.co.za 

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika doen ’n studie op hulle BibleSA webwerf en -toep. Hierdie toep
maak dit maklik om die verskillende Afrikaanse (en ander vertalings) op jou selfoon, rekenaar of
tablet te kan lees en te vergelyk. Dit is ’n heerlike lekkerte om jou Bybel digitaal in jou eie taal te kan
lees. Help die Bybelgenootskap dus gerus in hierdie taak.

Die doel van hierdie opname is om ’n beter begrip te kry van die karaktereienskappe, gedrag en
motivering van die individue wat die BibleSA-toep gebruik.

Die terugvoer van hierdie opname sal gebruik word om die toep te verbeter sodat dit beter aan
gebruikers se behoeftes kan voldoen en ook die gebruiker-ervaring sal verbeter. Hierdie opname sal
tussen vyf en agt minute neem om te voltooi.

Neem dus asseblief ’n paar minute om die relevante opnames hieronder te voltooi.

Opname: BibleSA webwerf
Opname: BibleSA app

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto: biblesa.co.za

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here