Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Helfte van die wêreld se taalgroepe het geen toegang tot enige deel van die Bybel nie.

Op hierdie oomblik wonder mense in afgeleë dele van die wêreld of God ooit na hulle toe sal kom en hulle eie taal met hulle sal praat op die wyse waarop hy met jou en my praat, dit
is deur die Bybel.

In die lig van wat al die werk wat nog gedoen moet word is samewerking tussen die agentskappe wat Bybelvertaling doen van die allergrootste belang. Die Woord vir die Wêreld [TWFTW] het in 1984 met
die vertaling van die Bybel vir die Chikunda volk in Zimbabwe begin. Die Bybelgenootskap van Zimbabwe het later begin deelneem aan die projek.

Die projek het baie langer geneem as van ons ander projekte. Die hoop en vreugde wat die Woord van God in die Achikunda gemeenskap aangewakker het, het egter nooit afgeneem nie. Trouens, hierdie projek is ‘n duidelike bewys van wat vereis word van ‘n taalgroep om hulle te verbind aan die doel om die Bybel in hulle eie taal te hê.

Die seun van die Achikunda hoofman het homself in die 1980s daaraan verbind om die Bybel in die Chikunda taal te vertaal. Hierdie een-man “span” het voortgegaan om die nodige opleiding en akkreditering te verkry om saam met TWFTW voort te gaan met die vertaalproses. Hy moes aanvanklik
die vertaling met die hand skryf, omdat rekenaars toe nog ‘n nuwe tegnologie was waarmee hy nie vertroud was nie. Die vertaling is ietwat vertraag omdat hy intussen heeltydse leraar van ‘n gemeente geword het. Nietemin is die publikasie van die Nuwe Testament in die Achikunda volk se taal in 2009 feestelik gevier.

Huidiglik bestaan die vertaalspan uit vier persone. Hierdie toegewyde mense het eerste vertalings van al die boeke van die Ou Testament voltooi. Hierdie vertalings is nagegaan deur mense wie se moedertaal Chikunda is. Die vertaalspan werk verder saam met konsultante om te verseker dat die vertalings korrekte weergawes is van die oorspronklike Griekse en Hebreeuse manuskripte. Gedurende hierdie tyd is die Jesus Film ook vertaal.

Nadat die Jesus Film span die verhaal waarin Jesus vir Petrus gevra het om sy boot aan Hom beskikbaar te stel sodat Hy daarvandaan vir die skare kon preek, sê die span ‘Ons het besluit om eerstehands die ondervinding te hê van om in ‘n boot te vaar. Nie op die See van Galilea nie, maar op die magtige Zambezi Rivier!’ Opvoering van bybelse verhale help mense om die realiteite van Jesus se lewe te besef. Hulle verstaan dan ook beter hoe die Woord van die Here verband hou met hedendaagse kulture. Die opgewondenheid onder die Achikunda volk in hulle afwagting om die Evangelie volgens Lukas in ‘n rolprent in hulle eie taal te sien was verstommend. Dit was iets wat hulle altyd net gedroom het kon gebeur!

Terwyl die Chikunda-sprekende volk gretig uitsien na die volledige Bybel in hulle taal, getuig die Heilige Gees in hulle harte van God se groot liefde vir hulle. Moses Kaputi, ‘n middeljarige man van ‘n Chikundasprekende gemeenskap sê ‘Voordat ons die Nuwe Testament in Chikunda gehad het, moes ons altyd raai uit die Shona vertaling wat God vir ons wou sê. [Shona is die algemene spreektaal onder baie mense in Zimbabwe.] Nou dat ons die Chikunda Nuwe Testament het, hoor ons God praat in Chikunda, en ons verstaan Hom! God is nie net vir die witmense of die Shona mense nie. Hy is ook vir die Achikunda volk!’

As jy geroepe voel om vanuit jou hoekie van die wêreld by die beweging om God se Woord aan alle volke te bring, maak kontak met ons. Leer meer oor Die Woord vir die Wêreld en
hoe jy betrokke kan raak.

twftw.org
info@twftw.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 15/01/2025

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here