Artikelbron: globalleadership.org.za

Die Global Leadership Summit (GLS) is die grootste leierskapsbyeenkoms ter wêreld. Die Global Leadership Summit inspireer, ontwikkel en verbind al 30 jaar lank mense van reg oor die wêreld.

In vennootskap met Unashamedly Ethical nooi die Global Leadership Network South Africa jou na ’n nuwe nommerpas GLS Business Edition.

KOOP KAARTJIES

Die GLS bied praatjies van wêreldklassprekers wat deursettingsvermoë en innoverende geleenthede in hulle bedrywe aan die dag lê, grense herdefinieer en struikelblokke te bowe kom en ander sodoende beïnvloed.

Die GLS, wat as ’n transformerende ervaring erken word, bied onmeetbare potensiaal aan almal wat dit bywoon.

’n Eiesoortige leierskapgeleentheid.

WANNEER: DONDERDAG 11 JULIE 2024, 08:30 – 16:30

WAAR: PROTEA BY MARRIOTT HOTEL STELLENBOSCH & CONFERENCE CENTER TECHNO AVENUE, TECHNO PARK, STELLENBOSCH

KOSTE: R1 300 p.p. (sluit ’n voldag-BBP-ervaring in met ****-stergehalte, ’n wêreldklas fakulteit van sprekers, Toegang tot GLS Now APP (ter waarde van R700) vir ʼn jaar lank. Die toep bied GLS-inhoud en netwerkgeleenthede).

Vir wie is dit?
Enigiemand wat invloed het in hul besigheid, werkplek, gemeenskap of stad.

Hoekom moet jy daar wees?
Eenvoudig gestel, almal baar daarby wanneer ’n leier beter word. Ons land smag daarna dat goeie mense toegerus word om transformasie te laat ontvlam en ’n betekenisvolle impak maak. Jou leierskap maak saak, ongeag waar jy jouself bevind. GLS beloof om ‘n dag te bied met inspirerende sprekers van reg oor die wêreld wat jou sal uitdaag en inspireer.

Kyk hierdie video om ‘n beter idee oor die GLS Business Edition te kry:

GLS Business Edition-sprekers:

Daar is soveel redes om vanjaar se Global Leadership Summit by te woon, hier is tien van die dinge waarmee jy sal wegstap:
1. Werklike kennis van wêreldwye toonaangewende kundiges.
2. Praktiese gereedskap en hulpbronne.
3. Getransformeerde denke.
4. Nuwe idees wat jy die volgende dag kan implementeer.
5. Versterkte vaardighede.
6. Vars perspektief.
7. Nuutgevonde wysheid.
8. Markplek insigte.
9. Die selfvertroue om die grense te verskuif.
10. ’n Vol tenk energie gereed om na jou kerk, bediening, organisasie of gemeenskap te kanaliseer.
Gereed om geïnspireer en toegerus te word? Bespreek vandag jou plek by die wêreld se grootste leierskapservaring!

KOOP KAARTJIES

Vir meer sprekerinligting besoek die webwerf www.globalleadership.org.za


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 31/05/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here