Geskryf deur Hettie & Louis Brittz
In Mei nooi Focus on the Family Africa jou saam op ’n diep, betekenisvolle reis: Ouerskap- en huweliksaanbiedings deur Louis en Hettie Brittz, ’n egpaar wat hulle gesinslewe met egtheid, vreugde en geloof aanpak en graag hulle lewenslesse met ander deel. Louis en Hettie is reeds 33 jaar lank getroud en hulle weet die mooi van ’n goeie huwelik kom met moeite! Hulle deel die lesse van hulle lang huweliksreis met warmte, wysheid, humor en empatie. Hulle ken ook die verantwoordelikheid van ouerskap in elke seisoen – van jong pa- en ma-wees tot verhoudings met volwasse kinders, selfs met kleinkinders in die prentjie. Hulle gawe is om mense te help om die Here se ontwerp vir hulle verhoudings op ’n hoopvolle, praktiese en bemoedigende manier te ontdek.
Hoekom moet jy dit bywoon?
Want dis deurleefde praktyk, nie net teorie nie!
Hettie se stem word wêreldwyd in Christelike Ouerskap vertrou. Deur Immergroen Ouerskap en haar welbekende Tall Trees-model bemagtig sy ouers om hulle en hulle kinders se Godgegewe ontwerp te omhels en met selfvertroue daarin te kan groei. Haar aanbiedings is helder, prakties en deurspek met Byblese Waarheid. Sy gee ouers gereedskap vir daaglikse aanwending in opvoeding en kommunikasie.
Louis bring die hart van ’n berese aanbiddingsleraar, kreatiwiteit van ’n regisseur en plat-oppie-grond eenvoud van ’n Brakpan-Hillbilly na die gesprek. Met dekades van bedieningservaring wat oor kontinente strek help hy mense om hulle identiteit te omarm en egpare om God se visie vir hulle huweliksreis aan te gryp.
Saam skep hulle ruimtes waar egpare verfris kan word, ouers toegerus kan word en families herinner kan word dat groei en herstel moontlik is, ongeag die seisoen waarin hulle hulleself mag bevind. Die geleenthede word deur Focus on the Family Africa aangebied, ’n Evangeliese bediening wat daaraan toegewy is om families te help om op Skrif-gebaseerde fondasies te groei en gedy.
As jy behoefte het aan
- ’n sterk, gesonde huwelik
- vars, bemoedigende perspektiewe op ouerskap
- praktiese, Skrifgefundeerde gereedskap vir gesinsbou
- ’n Hernude visie vir God se plan vir jou gesin
Dan is hierdie geleenthede vir jou!
Sluit hierdie Mei by Hettie en Louis aan en vind inspirasie, bemoediging en hoop vir elke huishouding. Word herinner dat God Homself diep in julle familie se storie ingeskryf het en julle nooi om saam met Hom daarin te belê
Louis & Hettie Brittz: Mei 2026-geleenthede
Kaapstad & Boland
• 19 Mei, Dinsdag – Kweek ’n Huwelik met Karakter – Vredelust Gemeente, Kaapstad | 19:00-21:30 | Afrikaans
• 20 Mei, Woensdag – Die 8 sleutels vir Immergroen Ma-wees – Vredelust Gemeente, Kaapstad | 08:30-11:00 | Afrikaans
• 20 Mei, Woensdag – Growing Kids with Character – El Shaddai, Durbanville | 19:00-21:30 | Engels
• 21 Mei, Donderdag – Growing Kids with Character – LoveKey Church, Somerset West Primary School| 19:00-21:30 | Engels
• 22 Mei, Vrydag – Kweek ’n Huwelik met Karakter – La Rochelle Primary School, Paarl | 19:00-21:30 | Afrikaans
• 23 Mei, Saterdag – Kweek Kinders met Karakter – Vredelust Gemeente, Kaapstad | Afrikaans
Gauteng
• 26 Mei, Dinsdag – Growing Kids with Character – Choose Life Church, Pretoria-Oos | 19:00-21:30 | Engels
• 27 Mei, Woensdag – Die 8 sleutels vir Immergroen Ma-wees – Moreleta Kerk, Pretoria-Oos | 08:30-11:00 | Afrikaans
• 27 Mei, Woensdag – Kweek ’n Huwelik met Karakter – Moreleta Kerk, Pretoria-Oos | 19:00-21:30 | Afrikaans
Mpumalanga
• 28 Mei, Donderdag – Kweek Kinders met Karakter – Kruik Gemeente, Secunda | 19:00-21:30 | Afrikaans
• 29 Mei, Vrydag – Kweek ’n Huwelik met Karakter – Kruik Gemeente, Secunda | 19:00-21:30 | Afrikaans
• 29 Mei, Vrydag – Die 8 sleutels vir Immergroen Ma-wees – Kruik Gemeente, Secunda | 08:30-11:00 | Afrikaans


Hierdie artikel verskyn in die April 2026 uitgawe van JUIG! Tydskrif. Lees die digitale weergawe van hierdie tydskrif hier: joygifts.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 23/03/2026
Foto’s verkry deur oorspronklike artikel
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








