Artikelbron: opendoors.org.za

Is jy ʼn toegewyde Christen wat verbind is tot die roeping en missie van Geopende Deure? Het jy uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en toepaslike ondervinding as ʼn openbare spreker? Het jy ondervinding in die bou van verhoudings d.m.v. uitgaande telefoonoproepe?

Indien wel, het Geopende Deure Suider-Afrika se kerkverhoudingspan ʼn voltydse pos vir jou as ʼn kerkverteenwoordiger en administrasie-assistent.

Die pos
Jy moet innoverend en kreatief wees, asook kennis hê van die kerklike kultuur in Suider-Afrika en die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Hierdie rol sal verseker dat Geopende Deure se verhoudings met kerke en Christelike groepe uitgebrei en versterk word deur die bespreking van voorleggings, dienste en optredes, wat deur ons span verteenwoordiger-sprekers uitgevoer word.

As jy aan bogenoemde vereistes voldoen, wil ons graag van jou hoor.

Die ligging
Jy sal op jou eie werk, maar verkieslik in Johannesburg gebaseer wees.

Hoe om aansoek te doen
Stuur asseblief vir ons ʼn e-pos met jou CV, aansoekvorm en ʼn motiveringsbrief oor hoekom jy dink dat jy die beste kandidaat vir hierdie pos sal wees na southafrica@od.org. As jy vrae het oor die pos, gebruik asseblief dieselfde e-posadres.

Neem asseblief kennis dat jy sal moet bevestig dat jy die reg het om in Suid-Afrika te werk as jy ʼn buitelander is. Die rol sluit ook geen hervestigingstoelae in nie.

Sluitingsdatum
15 April 2024

Indien jy teen Dinsdag, 30 April 2024, geen terugvoer ontvang nie, aanvaar asseblief dat jou aansoek onsuksesvol was.

Doen vandag aansoek!

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer 10/04/2024
Foto verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here