Geskryf deur: FEBA Radio SA
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Mussa Bamusi se lewe was eens gevul met duisternis. ’n Reeks van slegte keuses het hom op ’n pad van gewa-pende roof geplaas, wat hom uiteindelik vir tien jaar in die tronk laat beland het. “Ek het vasgevang gevoel in ’n siklus van wanhoop, en ek het geweet ek moet verander, maar ek het nie geweet hoe nie,” het hy later gesê. Op ’n dag, terwyl hy na die radio in sy sel geluister het, het hy een van FEBA Mosambiek se stasies gevind. Aanvanklik het hy net uit verveling geluister, maar geleidelik het die boodskappe van hoop, liefde en verlossing iets in hom begin verander. “Ek het begin verstaan dat my verlede nie my toekoms hoef te bepaal nie … Soos ek aanhou luister het, het ek ’n begeerte gekry om te verander.” Mussa het aan rehabilitasie- en ontwikkelingsprogramme deelgeneem, boeke gelees en werkswinkels bygewoon. Toe hy uit die tronk vrygelaat is, was hy inderdaad ’n veranderde man. Vandag wy hy sy lewe daaraan om kwesbare jongmense te help, en hy gee FEBA Mosambiek die eer dat hulle die saad van verandering in hom geplant het. “Hul uitsendings het nie net my lewe verander nie, maar ook ’n vlam van hoop in my aangevuur wat steeds helder brand.”

’n Nasie in nood
Wanhoop is niks nuuts in Mosambiek nie. Sedert 2017 is die noorde geteister deur konflik tussen jihadiste en die Mosambiekse weermag. Inwoners van dorpe word gereeld gedwing om te ontruim, net om terug te keer en te sien dat hulle huise geplunder is. Duisende mense in die noordelike provinsies is verder in Desember 2024 geraak deur tropiese sikloon Chido. Armoede het sedert 2014 drasties toegeneem. Bright Sonjera, direkteur van FEBA Mosambiek, sê honger is die ergste. “Mense het nie kos nie, en sommige sterf as gevolg daarvan.” Hierdie armoede het ’n wydverspreide desperaatheid geskep wat soms gewelddadig word, soos gesien in die oproer wat die land ná die verkiesing geruk het. Dit dra ook by tot die hoë syfer van kinderhuwelike, met UNICEF wat berig het dat 48,4% van vroue tussen die ouderdomme van 20-24 getroud was voor die ouderdom van 18. Hierdie land, met sy 35 miljoen mense en meer as 40 tale wat gepraat word, is desperaat vir die Evangelie.

’n Stem van hoop
Tien jaar gelede was daar nie ’n enkele FEBA-radiostasie in Mosam-biek nie. Vandag is daar sewe. FEBA Mosambiek het 93 voltydse personeellede en duisende vrywilligers wat die Goeie Nuus uitsaai en mense in 20 verskillende tale bereik. In die noordelikste Niassa-provinsie, histories een van die armste provinsies, deel Radio FOT (Fountain of Truth) en Radio Chiuanjota elk die Evangelie in vyf tale. Een luisteraar het vertel: “Ek was op die punt om selfmoord te pleeg, maar nadat ek na julle program geluister het, het ek van plan verander. Ek het begin om daagliks te luister en is nou wedergebore.” Radio Chiuanjota het ’n behoefte onder jongmense in hulle gemeenskap geïdentifiseer, wat toenemend by bendes aangesluit het om armoede te ontsnap. Die span het toe ’n dissipelskapprogram vir die jeug begin wat kwessies soos dwelms, tienerswangerskap en bendebedrywighede aanspreek – alles vanuit ’n Christelike perspektief.

’n Reddingsboei in moeilike tye
In Mei 2024 is FEBA se span gedwing om in mielielande rondom hul dorp weg te kruip toe geweld tussen jihadiste en die weermag uitgebreek het. Toe hulle terugkeer, is baie van hulle besittings gesteel. Die jihadistiese opstand in die noorde het ’n verwoestende uitwerking op mense oor die hele land. ’n Luisteraar uit die Sofala-provinsie het gesê: “My man was ’n soldaat in die weermag. Hy is in Cabo Delgado dood tydens ’n jihadistiese aanval. Voice of Hope was ’n reddingsboei vir my in moeilike tye. Die boodskappe van geloof, hoop en liefde wat dié stasie uitsaai, het my gehelp om troos en krag te vind wanneer ek dit die nodigste gehad het … Ek is vir altyd dankbaar teenoor Voice of Hope vir hul leiding en teenwoordigheid in die donkerste oomblikke van my lewe.” Voice of Hope bereik ook nomadiese groepe, vlugtelinge en selfs luisteraars in Zimbabwe – wat sowat 150 km ver is.

’n Groot fokus
Daar is ’n groot fokus op maatskaplike ontwikkelingswerk. Toe Radio FOT ’n stuk grond van die regering ontvang het as beloning vir hul werk om kommunikasie met landelike gemeenskappe te fasiliteer, het die span ’n landbouprojek van stapel gestuur om die groeiende aantal weduwees in die gebied te bemagtig. Die projek het tans 25 vroue in diens wat die hele landbouproses bestuur. Elke oes voorsien honderde sakke mielies en bone aan weduwees en weeskinders in die omgewing.

’n Nuwe baken
Die bediening bly groei. FEBA Mosambiek het pas sy sewende stasie, Victory FM, in Cuamba geopen. Hierdie dorp speel ’n prominente rol in reis tussen Mosambiek en Malawi. “Hier is baie stamme en baie Moslems…” sê direkteur Sonjera. Radio FOT se dissipelskapprogramme het mense se aandag getrek. “Hulle het belanggestel in Jesus en na Radio FOT geluister, maar die sein was swak. Toe vra hulle of ons nie ’n stasie in Cuamba kan bou om verlore siele vir Christus te red nie.” Die gemeenskap was so ernstig oor die versoek dat hulle self die bakstene gemaak het om die stasie te bou. Die naam, Victory FM, is gekies as antwoord op die vele siele wat reeds deur die dissipelskapprog-ram gewen is. Victory FM sal in agt tale uitsaai en inhoud bied wat geloof bou.

VAT HANDE MET FEBA
Indien jy ’n skenking vir hierdie lewensveranderende projek wil maak, besoek asseblief ons webtuiste febaradio.co.za of skakel 012 335 5708

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 16/06/2025

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here