Geskryf deur: FEBA Radio
Artikelbron: Verskaf

Op 4 Junie 1948 het die tyd vinnig uitgeloop vir die Far East Broadcasting Company. Ná twee jaar se onophoudelike werk moes hulle daardie dag bewys dat hul nuutgeboude radiostasie wel in staat is om uit te saai, anders sou hulle hul lisensie verloor. Met minute oor het medestigter John Broger na die geïmproviseerde mikrofoon gestap en gesê: “Dames en here, dit is die eerste uitsending van KZAS, die nuwe Call of the Orient-stasie, geleë in Manila, Filippyne.”


FEBA stigters

Tagtig jaar van wonderbare genade

Vanjaar vier die Far East Broadcasting Company, in Suid-Afrika bekend as FEBA, 80 jaar daarvan om Christus deur die media aan die wêreld bekend te maak. Wat begin het as een radiostasie in die Filippyne, het gegroei tot meer as 260 stasies, met luisteraars in meer as 50 lande en 152 tale. Geslagte luisteraars het die Goeie Nuus gehoor in plekke wat te gevaarlik was vir sendelinge om te bereik – Sowjet-Rusland, China, Noord-Korea en Viëtnam – en die bediening brei steeds uit na onbereikte lande en mensegroepe.

Die Suid-Afrikaanse kantoor, vandag bekend as FEBA Radio Suid-Afrika, is in 1996 gestig. Vandag ondersteun dit 12 radiostasies regoor ses Afrika-lande – Malawi, Mosambiek, Tsjad, Niger, Mali en Soedan.

John Broger se missieverklaring tydens daardie eerste uitsending geld steeds vandag vir die bediening: “Ons, van die Far East Broadcasting Company, verbind ons tot die hoogste ideale van kultuur en waardigheid. In alle aspekte van uitsending sal ons poog om dit te bring wat werklik bystand sal verleen aan die drieledige aard van die mens – fisies, verstandelik en geestelik. Vriende, dit is die rede vir die bestaan van die Far East Broadcasting Company. Ons is hier om julle te dien!”

Vir meer inligting oor FEBA Radio SA en hul werk, besoek gerus febaradio.co.za. Jy kan ook hierdie video kyk om meer oor FEBC se geskiedenis te leer.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 23/01/2026
Foto’s verkaf deur FEBA

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here