Artikelbron: www.liginduisternis.co.za 

Die mistieke wêreld van engele het nog altyd ’n betowerende invloed op mense. Dit is ’n wêreld wat ons nie met ons oë kan waarneem nie, maar wat ons siel diep aangryp en boei. In Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie behandel ds. Willem van Schalkwyk vrae en misverstande oor hierdie onderwerp op ’n Bybelse manier.

Hierdie Bybelstudie is ’n Skrifgebonde benadering om die waarheid oor engele te ontdek. Git is ’n benadering wat die Bybel as die primêre bron van kennis en leiding gebruik en nie op mense se persoonlike ervarings met engele staatmaak nie. Die doel is om ’n nadenkende en nugtere insig op die onderwerp te bied.

“Een van die kernboodskappe van hierdie Bybelstudie is om die fokus van gelowiges reg te stel,” sê ds. Van Schalkwyk. “Dit herinner ons daaraan dat engele eintlik diensknegte van God is. Ons moet ons nie net oor hulle verwonder nie, maar eerder oor die lewende god wat hulle geskape het.” ds. Van Schalkwyk meld dat daar in hierdie Skrifstudie ’n oproep op lesers gedoen word om hul siening oor die bestaan en optrede van engele te verander. “Ons oppervlakkige betowering met engele moet ’n dieper besef van God se grootheid en almag meebring.”

’n Tematiese Bybelstudie soos hierdie het ’n belangrike doel en dit is nie net om mense meer kennis aangaande die Bybel se lering oor engele te gee nie. Die uiteindelike doel is om die groot, almagtige God te verheerlik.

As jy dieper in die waarheid aangaande engele gelei wil word en op soek is na ’n waardevolle hulpbron oor engele en die God wat hulle geskape het, moet jy vir jou ’n kopie van engele: diensknegte van die lewende God aanskaf. Dit is beskikbaar by lig in duisternis uitgewers  teen R110 of as elektroniese boek by amazon.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 06/03/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here