Artikelbron: cvandaag.nl
Die Egiptiese president, Abdel Fattah el-Sisi, het glo ‘n Christelike menseregte-aktivis en navorser begenadig. Die man is tot drie jaar tronkstraf gevonnis omdat hy “vals inligting” verskaf het oor Christene teen wie gediskrimineer sou word.
Die staatskoerant, Al-Ahram, berig die president het die 33-jarige Patrick Zaki ‘n presidensiële kwytskelding aangebied. Na sy studies in Italië is Zaki in 2020 met sy terugkeer na Egipte gearresteer. Verlede Dinsdag is hy skuldig bevind aan die verspreiding van “vals nuus, die aanhitsing van protes en die aanhitsing van geweld en terreuraktiwiteite”.
Die kwytskelding kom nadat die Amerikaanse staatsdepartement en ‘n menseregteverteenwoordiger van die Verenigde Nasies kommer uitgespreek het oor die Christen-navorser se saak en sterk aangedring het vir sy “onmiddellike vrylating.”
Luidens vorige berigte is Zaki aanvanklik in hegtenis geneem omdat hy glo deel van ’n terreurorganisasie was. Die bewerings kan teruggevoer word na ‘n artikel wat die navorser in 2019 geskryf het met die titel, “Verwydering, moord en beperkings: ‘n Weeklikse joernaal van Egiptiese Koptiese Christene.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/07/2023
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.