Om Jesus in alles te volg, is nie net die beste ding in die wêreld nie – dit is die beste ding vir die wêreld. Maar is ons reg om vir Hom te staan in ’n kultuur wat Sy weë toenemend verwerp?
Wilberforce Akademie Suid-Afrika bied sy vierde jaarlikse Akademie-week aan van 18 tot 23 Januarie 2026 by ’n venue naby Hermanus in die Overberg-streek van die Wes-Kaap. Die Akademie bestaan uit ’n unieke eenweek-residensiële program wat ontwerp is om Christene toe te rus om getrou vrug te dra vir die Here Jesus Christus in elke lewensgebied.
Aansoeke vir die 2026-Akademie sluit op 2 November 2025. Belangstellendes word aangemoedig om so gou as moontlik aansoek te doen by: https://wilberforceacademy.org.za/2026-academy-week/

Die getuienis van William Wilberforce
Die Wilberforce Akademie put inspirasie uit die lewe van William Wilberforce, wat in die 1800’s sy posisie in die Britse parlement gebruik het om te pleit vir sosiale hervormings wat ware Bybelse geregtigheid vergestalt het, onder meer deur die beweging te lei wat die trans-Atlantiese slawehandel afgeskaf het. Sy lewe is ’n voorbeeld van die transformerende krag van ’n Bybels-Christelike wêreldbeskouing in praktyk –tot eer van Sy Naam en tot voordeel van almal.
Toerusting van Christene vir vandag
Die Wilberforce Akademie dra vandag hierdie roeping verder deur die volgende generasie Christelike leiers in die openbare lewe toe te rus. Die doel is om Christene te help om verder as blote intellektuele kennis van die Skrif te gaan, en dit toe te pas binne die konteks van die uitdagings van ons tyd.
Afgevaardigdes word bemagtig met ’n Bybelse raamwerk om met dringende sosio-kulturele kwessies te werk soos identiteitspolitiek, grondhervorming en die realiteite van ’n mislukte staat.
Die program ondersoek onder meer die Afrika-wortels van Christendom en herontdek hoe die seëninge van die Christelike tradisie steeds ons kontinent dra.
Vocational groups
’n Kernaspek van die Akademie is die geleentheid om binne beroepsverband te leer en te groei. Of jou roeping in die reg, politiek, besigheid, onderwys, gesondheidsorg, wetenskap, landbou, media, openbare diens of bediening lê – jy sal saam met ander in jou veld reflekteer, bid en mekaar slyp vir getroue aksie.
’n Kruiskulturele, Beroepsdiverse, Internasionale en Intergeneratsie-Gemeenskap
Die Wilberforce Akademie bring afgevaardigdes van Suid-Afrika en ander Afrikalande bymekaar, verenig deur ’n gesamentlike toewyding om die liefde, waarheid, geregtigheid en hoop van Jesus na elke deel van die samelewing te bring.
Die residensiële formaat skep ’n omgewing waar daar buiten die sessies, ook tyd is vir gesamentike aanbidding en oordenking, kleingroepbesprekenings, en informele gesprekke wat samewerking en lewenslange vriendskappe laat ontstaan.

Wat jy kan verwag
- Duidelike Bybelse onderrig oor kontemporêre kwessies.
- Deurdagte ontleding van ideologieë wat ons samelewing vorm.
- Inspirerende getuienisse van Christene wat dapper vir Christus gestaan het ten spyte van die koste.
- Praktiese hulpmiddels om jou te help om die waarheid te praat en getrou te leef in jou invloedssfeer.
- Geleenthede om te leer by Christene wat in verskillende beroepe werk.
- Toegang tot ’n groeiende netwerk van gelowiges wat saamwerk om die hoop van Jesus na die samelewing te bring.
- Lidmaatskap van ’n gemeenskap wat jou bemoedig en toerus vir jare wat kom.
Programtemas
- Bybelse grondslae vir gesag en kultuur
- Waarheid en die filosofiese gevangenskap van sosio-kulturele instellings
- Kultuur, ras en identiteit
- Lewe en gesin: die waarde van die lewe en God se patroon vir die gesin
- Teologie van roeping en werk
Die Wilberforce Collective
Die Akademie is net die begin. Afgevaardigdes word deel van die Wilberforce Collective– ’n groeiende beweging van Christene wat toegerus is vir getroue kulturele betrokkenheid. Deur die Refocus-dae, beroepsgemeenskappe en streekbyeenkomste gaan die reis van toerusting en samewerking lank ná die Akademie-week voort.
In ’n tyd waar die wêreld sigbaar die gevolge dra van die verwerping van die waarheid (God se Woord), is die behoefte aan Bybels-gefundeerde, dapper Christelike leiers groter as ooit.
Akademie-besonderhede:
Datum: 18 – 23 Januarie 2026
Ligging: Venue naby Hermanus, Wes-Kaap
Koste: R8,500 per afgevaardigde (alles ingesluit)
Aansoekbesonderhede:
Volg die skakel om te registreer: https://wilberforceacademy.org.za/2026-academy-week/
Sluitingsdatum: 2 November 2025 (plekke is beperk – doen vroeg aansoek!)
Beurse beskikbaar.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 14/10/2025
Foto’s verskaf.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








