Geskryf deur:
Artikelbron: ncregister.com
’n Duitse priester wat reeds 30 jaar lank in Mali gewoon het en volgens verskeie mediabronne ʼn jaar lank in Mali vermis was, is uiteindelik vrygelaat.
Hans Joachim Lohre (66) het verlede jaar in November 2022 nie opgedaag vir die kerkdiens wat hy veronderstel was om te lei nie. Toe sy kollegas agterkom dat sy motor nog voor sy huis geparkeer is, het hulle vermoed dat daar iets skort. Lohre se verdwyning is toe aangemeld.
Vreemd genoeg het geen terreurgroep ’n losprys vir die ontvoering geëis nie, maar daar was gerugte dat Jama’at Nasr al-Islam, ’n groep verbonde aan Al-Kaïda, vir die ontvoering verantwoordelik was. Dit is steeds nie bevestig nie.
Die priester is Sondag uiteindelik uit gevangenskap vrygelaat ná ingryping deur Duitse owerhede, berig Fides, ’n Rooms-Katolieke nuusbron. Lohre het glo reeds op ’n spesiale vlug in Duitsland aangekom.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 29/11/2023
Foto: YouTube/KircheinnotSchweiz
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.