Geskryf deur: Geopende Deure SAArtikelbron: Artikel verskaf

Ons familie in Pakistan is in pyn gedompel ná die geweld van bende-aanvalle op minstens 20 kerke en 93 huise wat aan Christene behoort.

Sondag, 20 Augustus, het groepe Christene in Jaranwala, Pakistan, buite bymekaargekom vir hul kerkdiens. In plaas daarvan om in banke of op stoele te sit, het hulle langs gebrande mure gesit. In plaas van aanbidding in ’n kerk met sierglasvensters en pragtige argitektuur, het hulle bymekaar gekom tussen gebreekte glas en hope puin. In plaas daarvan om terug te keer huis toe vir ’n gesinsete, kon talle gelowiges nie huis toe gaan nie – hulle huise lê in puin.

Hulle almal is nog in skok ná die aanvalle.

Vra asseblief vir jul ondersteuners en gemeentelede om saam te bid.
Laai hierdie PowerPoint-skyfie af om te deel en in jul diens te gebruik.

“In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie… vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.” 2 Kor. 4:8-9

Dankie vir julle gebede!
Verenig in Christus
Geopende Deure Suider-Afrika

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 25/08/2023
Foto: Geopende Deure

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here