Geskryf deur: Vivienne Myburgh Artikelbron: www.icej.org.za 

ICEJ is opgewonde om ’n drieledige webinaar deur Malcolm Hedding aan te bied!
10, 17 en 24 Augustus 2023 om 19h30 

Malcolm is ’n bekroonde internasionale spreker oor Israel en die Kerk in hierdie deurslaggewende en uitdagende tye. Hy reis baie en verfris die Kerk in terme van sy rol in hierdie tye. Gegewe sy unieke en groot spreekforums wêreldwyd, het Malcolm ’n beskouing en begrip van die liggaam van Christus wat min ander die geleentheid kry om te ontvang. 

Hy het verskeie boeke oor gebed, die boek Openbaring, Israel asook ’n grondliggende reeks oor Bybelse Christelike Sionisme geskryf wat in Duits, Fins, Nepalees en Mandaryns vertaal is. Hy is ‘n produktiewe skrywer en dra gereeld by tot verskeie tydskrifte en koerante, insluitend die Jerusalem Post, die Christian Edition. Malcolm word ook gevra om gereeld op radioprogramme en Christelike uitsaainetwerke te praat. 

Klik asseblief op die skakel hieronder om by die webinaar aan te sluit:
(Kode: 270400)
icej.zoom.us 

Daar heers deesdae soveel verwarring oor die eindtydgebeure en dikwels is dit boonop met opponerende interpretasies.

Malcolm is ’n ware Bybelgeleerde wat ’n gawe het as ’n leermeester van die Woord en help om sommige van die “moeilike eskatologiese vrae” te ontrafel … sluit dus by ons aan vir die eerste sessie op Donderdag 10 Augustus om 19h30! 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 08/08/2023
Foto: malcolmhedding.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here