Geskryf deur: FEBA Radio
Hoe kan iemand toegang tot die Evangelie hê as hy nie kan lees nie? Hoe hoor jy die Goeie Nuus as Islam jou daaglikse lewe oorheers en ekstremiste dreig om enigeen wat hul godsdiens teenstaan, te vernietig?
Die antwoord: radio.
FEBA Radio saai die Evangelie uit in Mali, Niger, Tsjad en Soedan – lande waar Islam die godsdienslandskap oorheers. Met die uitsondering van Soedan is die gemiddelde volwasse geletterdheidsyfer sowat 30%, en sommige mense verstaan slegs hul eie dialek. Armoede is wydverspreid en gewapende konflik alledaags.
Mens se harte smag na die hoop wat net Christus kan bring, en radio kan dit veilig en doeltreffend by hulle uitbring, waar hulle ook al is. Radiogolwe kan gaan waar sendelinge nie kan nie.
Hierdie jaar samel FEBA Radio Suid-Afrika se Kersfees-Radioprojek fondse in om radios en oudio-Bybels aan luisteraars in die Sahel te voorsien. Elke radio werk met sonkrag, maar kan ook opgewind of met elektrisiteit gelaai word, en is ingestel op die plaaslike FEBA-stasie se frekwensie. Die oudio-Bybels bevat die Bybel in plaaslike tale, saam met inhoud wat luisteraars help om die Evangelie en ander temas in die Skrif beter te verstaan. Wanneer mense in hul eie taal bereik word, raak hul harte oop vir die waarheid.
“Ek was ’n Moslem en het soos hulle gebid,” het ’n luisteraar in Tsjad onlangs vertel, “maar sedert ek na RACE FM (FEBA Tsjad) begin luister het, het ek tot die Christelike geloof bekeer – danksy die prediking van die leraar in Gabri, my moedertaal.”
Besoek febaradio.co.za om meer te lees oor FEBA Radio se werk in hierdie Sahel-lande en saai hierdie Kersfees ’n saad van lig en hoop.
Foto verskaf.
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








