Artikelbron: gatewaynews.co.za
Die liedjie “God of Israel”, is ’n vredesverklaring wat slegs ’n paar uur nadat dit uitgereik is tot heel bo aan die iTunes se Christen-musieklys geklim het.
Die lied is deur die Amerikaanse evangelis, Sean Feucht, die Libanese Christen, Carine Bassili, en die Israelse sanger, Yair Levi uitgereik, berig Gateway News.
Die veeltalige lied, wat in Arabies, Hebreeus en Engels gesing word, is geïnspireer deur die 2022-konflik met Israel, met Bassili wat dit gedurende daardie oorlogstyd geskryf het. Sy het uit Libanon gekommunikeer met Levi en ander vriende in Israel wat toe in bomskuilings was.
Feucht beskou die lied as ’n kragtige simbool van eenheid en ’n ander narratief as die een wat deur die media versterk word. Hy glo dit demonstreer dat God onverwagte eenheid kan bewerkstellig. Die drie se samewerking daag vooropstellings uit deur individue bymekaar te bring wat volgens die narratief nie met mekaar geassosieer sal kan word nie. Dit is ’n profetiese teken van eenheid en die deurbraak wat God na die wêreld wil bring waarin ons lewe.
Kyk hier na ’n video war hulle die lied sing.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








