Geskryf deur: TWR SA
Artikelbron: Artikel verskaf
In hierdie deel van die wêreld waar meer Christene vermoor word weens hul geloof as op enige ander plek, word die Evangelie helder en duidelik verkondig.
Josua (volle naam teruggehou vir veiligheid) vertel van ’n gebruik onder die Hausa-Christene in Noord-Nigerië: “Hulle sluit die hek en verstel dan die toestel na die hoogste volume. Verbygangers in die straat hoor die boodskappe. Hulle sien nie die mense nie, maar hulle hoor en luister na die boodskappe.”
Dan lag Josua, TWR Direkteur in Nigerië, en voeg by: “Hulle hou daarvan en reken dat dit goed is”.
In “Hausaland,” die streek aan beide kante van die grens tussen Nigerië en Niger in Wes-Afrika, is die term “Hausa-Christene” amper ongehoord. Josua Projek, ’n agentskap wat tred hou met mensegroepe en die mate waartoe hulle Christenskap omhels, berig dat 0.46% van die Hausa – minder as een in tweeduisend – Evangeliese Christene is, en slegs 0.1 persent van die Hausa in Nigerië insluit.
Vir Christene is Noord-Nigerië ’n lewensgevaarlike deel van die land. Geopende Deure plaas Nigerië in die sesde plek op hul 2024 ranglys van lande waar Christene die mees ekstreme vervolging ervaar.
Luidens die verslag word daar egter meer gelowiges jaarliks in Nigerië doodgemaak as gevolg van hul geloof, as in enige ander deel van die wêreld.
Dit word beraam dat ongeveer 5 000 Christene verlede jaar martelare vir Christus geword het. Dit dui op ’n gemiddeld van meer as 13 per dag!
“Daar is talle plekke waar dit lewensgevaarlik is om ’n Christen te wees.” vertel ’n stigter van ’n Christen-Hausa organisasie in Noord-Nigerië. “ …een van die dinge waarvoor ons God vertrou…is om meer mense met die radio te bereik.”
Dít is waar TWR ’n reuserol speel.
“As hulle bang is om kerk toe te gaan…” sê Josua, “ …kan hulle steeds die Woord van God ontvang deur bloot net op ons stasies in te skakel.”
Garth Kennedy, TWR-Direkteur by die Wes-Afrika Senderterrein (WATS) bevestig dat die Oasis Sender sedert 1 Februarie 2020, die Evangelie in Hausa en in 5 ander tale in Nigerië uitsaai. Dit vul die oorspronklike WATS sender aan, wat in 22 van hulle eie plaaslike tale, nagenoeg nege lande met uitsendings bereik.
Alhoewel die oorspronklike sender nog altyd in Nigerië in gebruik was, “ …wil Nigeriërs graag programme in hul eie tale hoor,” sê Kennedy.
TWR saai tans, weekliks, vir meer as 12 ure programme in die Hausa-taal uit, en dit sluit ondermeer programme soos The Way of Righteousness, In Touch Ministries, The Word Today en ander plaaslik vervaardigde programme in.
Ds. Abdoulaye Sangho, TWR-Direkteur vir Wes- en Sentraal- Afrika is opgewonde oor die ontwikkeling van ’n program wat getuienisse bevat, genaamd My Story with God. “Ek is vol vertroue dat hierdie program nie net menigte mense sal bereik nie, maar ook hul lewens sal aanraak,” vertel hy.
TWR is ook op ander wyses betrokke by uitreik na hierdie mensegroep:
- Ongeveer 2 800 Hausa-Bybels word versprei. (ondersteun deur Heralds of Hope-bediening).
- Radioverspreiding.
- Skep van luisteraarsgroepe.
- Stigting van Every Man a Warrior-dissipelskap groep inBorno Staat.
- Begin van Women of Hope-bedieninge in Borno en Adamawa State.
Sommige van die radio- en bybelverspreiding vind plaas in kampe vir plaaslik ontheemde persone wat die vergrype deur insurgente in die noorde van die land probeer vryspring.
“En sommige van hulle getuig dat hulle gedink het dat die lewe vir hulle nou verby is,” sê Josua. “Maar toe TWR met Bybels opdaag en die boodskap dat hulle kan inskakel om na God se Woord te luister, het hulle nuwe moed geskep…Mense begin nou om vir Jesus te leef.”
“Die Heilige Gees werk sigbaar onder die Hausa,” voeg hy by. “Ons benodig gebed,“ sê hy. “Want as die Heilige Gees begin werk, spreek Hy tot hierdie mense se harte.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 04/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.