Geskryf deur: International Christian Concern
Artikelbron: www.persecution.org
Gister (Sondag 14 Mei) het Leah Sharibu haar 20ste verjaardag op dieselfde manier deurgebring as die afgelope ses jaar – in gevangenskap.
Sy was net 14 toe sy saam met 110 skoolmeisies van die Government Girls’ Science and Technical College in noordoos Nigerië deur Boko Haram ontvoer is. Ná ’n maand van onderhandelinge tussen die Nigeriese regering en terreurgroep, is 104 van die 105 meisies wat oorgebly het uit aanhouding vrygelaat en het na hul families teruggekeer.
Lea is tot vandag toe die enigste meisie wat in die tronk is. Hoekom? Volgens verskeie voormalige Boko Haram-gevangenes wat met haar kontak gehad het, het sy geweier om haar Christelike geloof te verloën.
Leah se saak het wêreldwyd groot reaksie ontlok en illustreer hoe Islamitiese terrorisme Christelike gemeenskappe in Nigerië raak. Die Nigeriese regering het tot dusver oënskynlik min gedoen om haar te red.
Sy is na bewering as vrou aan een van haar ontvoerders gegee en daar is gerugte dat sy reeds twee kinders het. Dit is moeilik om vas te stel wat die werklike stand van sake is omdat sy nie haar familie mag sien nie. Die enigste nuus kom van oorlewendes van Boko Haram wat ontsnap het of vrygelaat is.
Die internasionale gemeenskap moet voortgaan om Leah se saak te verdedig en eis dat sy vrygelaat word. Dit moet ook druk op die Nigeriese regering plaas om ’n meer aktiewe rol te speel in die verdediging van onskuldige Christene in Nigerië.
Hou asseblief aan om vir Leah Sharibu en haar gesin te bid, insluitend haar twee jong kinders. Bid dat die Here president Muhammadu Buhari wysheid sal gee. Bid dat Leah vrygelaat sal word en dat die Here die trauma wat sy en haar gesin ervaar het, sal verlig. Bid vir die genesing van Nigerië.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 15/05/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.