Geskryf deur: Carina Theunissen
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

In Mei 2021 het ek vir twee dae lank, dag en nag, aanhoudend gehoes. My man het my die Sondag ongevalle toe geneem, waar hulle onmiddellik gesê het dat ek Covid-19 het. In die hospitaal het hulle vir my ’n blou masker opgesit wat so styf gepas het dat ek gevoel het ek kry nie asem nie. Kort daarna is ek in ’n geïnduseerde koma geplaas, en toe my asemhaling swakker word, het dokters ’n trageotomie gedoen. Na die operasie het ek egter nie wakker geword nie.

Dokters het moed opgegee
Vyf weke later was ek steeds in ’n koma. Die dokters het vir my man gesê dat daar geen kans is dat ek gaan oorleef nie. Maar God het anders besluit – Hy het my ’n tweede kans op die lewe gegee. Toe ek uiteindelik my oë oopmaak, was ek heeltemal verlam. Ek kon nie my arms of bene beweeg nie en ek kon nie ’n woord praat nie. Ná intense fisioterapie en harde oefening het ek my hande weer begin gebruik. Intussen het my voete skeef begin trek, en die dokters het gesê ek sal nooit weer kan loop nie. Op Kersdag 2021 is ek vir die eerste keer huis toe, maar ek was nog in ’n rolstoel.

God se belofte van herstel
Ek het vir my man gesê dat ek weer sou loop; dit is wat God belowe in sy Woord. Terug in die rehabilitasiesentrum het ek elke dag die mees intieme stiltetye saam met God beleef. Ek het daaglikse oefensessies gehad, en teen die aande was ek só lam dat ek gevoel het ek gaan nie verder kan nie. Maar elke oggend het die Here my nuwe krag gegee, en ek was gereed vir nog ’n dag se harde oefening om weer te leer loop. Net drie weke later het ek my eerste treë gegee. Dit was nog wankelrig, maar ek het weer geloop. Prys die Here – Hy is goed!

’n Nuwe waardering vir die lewe
Vandag is ek diep dankbaar vir alles wat ’n mens so maklik as vanselfsprekend aanvaar. Ná vyf maande in die ICU waardeer ek die natuur opnuut: ek sien elke takkie en hoor elke voëlgeluidjie. Voor Covid was ek altyd haastig, maar nou beweeg ek stadiger en kyk rond na dit wat ek vroeër gemis het. Vandag kan ek weer baie praat en getuig, en ek vertel byna vir elke mens van hierdie groot wonderwerk. Dankie, Here, dat U hierdie pad saam met my gestap het. Saam met God is enige iets moontlik!

As jy jou wonderwerkoomblik met ons wil deel, stuur ’n e-pos na info@juig.co.za.

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.

Datum gepubliseer: 19/12/2025
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here