Geskryf deur: Lisa Polson
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
In Mei 2023 was ek in ‘n motorongeluk, wat 100% my eie skuld was. Gelukkig het niemand seergekry nie, maar my Hyundai Atos is afgeskryf. Die Here het die hele situasie met sy genade bedek en op baie maniere sy goedheid aan my gewys. Sy teenwoordigheid was deurgaans so tasbaar.
Rus in God se genade
Versekering het uitbetaal (‘n getuienis op sigself), maar nie naastenby genoeg om ‘n ander motor te koop nie. Die Skrif sê “moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê”, so ek het geglo dat dit moontlik moet wees om nie skuld te maak vir ‘n nuwe motor nie. Ek het egter geweet dat dit ‘n wonderwerk sou verg. Terwyl ek vir God gevra het wat ek moet doen, het ek ervaar dat Hy vir my sê ek moet rus in sy genade en guns, en net my oë op Hom gerig hou.
‘n Enorme seën
Drie weke na die ongeluk het my kollega my gebel en gesê hy het ’n Polo Vivo wat hy wil hê ek moet bestuur totdat ek iets meer permanent kry. Hoe wonderlik? Dit was ‘n enorme seën waarvoor ek baie dankbaar was!
Dankie, Vader!
’n Rukkie later, in November, sê iemand vir my pastore dat die Here al drie maande lank met hulle praat om vir my ‘n motor te gee! Hulle wou bloot gehoorsaam wees en hulle begeerte was om heeltemal anoniem te bly. Sjoe, sulke radikale gehoorsaamheid en vrygewigheid! Twee weke later het ek die sleutels van ‘n Volkswagen Jetta ontvang, en op die voorste sitplek was die dokumente met my naam op.
God is goed en Hy voorsien
God se Woord is waar en ons kan daarop staan. Hy is mal daaroor om sy kinders te seën, hoekom wil ons probeer om dinge in ons eie krag te laat gebeur wanneer Hy dit alreeds uitgepluis het? Ons moet eenvoudig op die Here vertrou en Hom volg. God het nie gunstelinge nie. Wat Hy vir een persoon gedoen het, kan Hy ook vir ’n ander doen. Alle eer aan die Here!
As jy jou wonderwerkoomblik met ons wil deel, stuur ’n e-pos na info@juig.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 27/09/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.