Artikelbron: gatewaynews.co.za
Hoewel Hemelvaartdag nie meer ’n Christelike vakansiedag in Suid-Afrika is nie, het dit nie Christene gestop om die dag te gedenk nie.
Talle Christene oral in Suid-Afrika het tyd ingeruim om die dag gestand te doen en het dit in klein groepies tuis of by die kantoor gedenk terwyl ander aan optogte, aanbiddingsbyeenkomste, uitreike en spesiale veldtogte deelgeneem het.
By die JUIG!-kantore het personeel na ’n insiggewende praatjie van die direkteur van Ratio Christi Suid-Afrika, Simon Brace, geluister wat oor die aanslag op die gesin, waarna Heinz Winckler ’n Hemelvaartdiens gelei het en daar saam nagmaal gehou is.
In Sentraal-Durban het honderde mense deelgeneem aan ’n Hemelvaartoptog in Durban. Die Phakamisa uJesu-optog (Lift Jesus higher) vanaf King Dinizulu Park na die stadsaal is deur Kwasizabantu-sending gereël. Volgens gatewaynews.co.za is ander Phakamisa Jesu-geleenthede aangebied deur groepe wat Kwasizabantu se uitdaging aanvaar het om soortgelyke geleenthede te hou in Pretoria-Wes, Welkom, Kaapstad, Groot-Brakrivier en Schoemansdal naby Malelane.
Gerda Potgieter, die redakteur van Devoted Magazine, wat die geleentheid in Groot-Brakrivier naby Mosselbaai aangebied het, het gesê sowat 100 mense het aan ’n optog deur die dorp deelgeneem wat met ’n tyd van gebed geëindig het.
Christene tydens die optog by Groot-Brakrivier
Die program wat vir sentraal Kaapstad geskeduleer is, het die vorm aangeneem van ’n uitreik.
In Qqeberha (Port Elizabeth) het Kingfisher FM saam met stadsleraars, Burn 247 en gemeentelede saamgewerk aan ’n spesiale 14-uur Hemelvaartdagprogram wat vanuit hul ateljee in Sentraal en uitgesaai is.
Magazine, wat die geleentheid in Groot-Brakrivier naby Mosselbaai aangebied het, het gesê sowat 100 mense het aan ’n optog deur die dorp deelgeneem wat met ’n tyd van gebed geëindig het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/05/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.