Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

In die eerste week van September het Christ for all Nations (CfaN) die School of Evangelism (SOE) in Johannesburg geloods. Dit is die derde sodanige skool in Suid-Afrika – die eerste twee was in Kaapstad. Nou is dit Gauteng se beurt!


Guillaume Olivier (SOE-direkteur vir SA) het studente aangespoor om krag by Jesus as hul bron te kry!

’n Dag van soaking
Dit was ’n dag van soaking in die teenwoordigheid van die Here wat die regte grondslag gelê het vir die volgende agt weke van intensiewe opleiding en evangelisasiepraktyk. Guillaume Olivier (die SOE-direkteur vir Suid-Afrika) en Thea Britz (voormalige direkteur van CfaN Suid-Afrika en lewenslange veteraan van die bediening) was daar om hierdie nuwe groep evangeliste te verwelkom, saam met ’n sterk span van CfaN Bootcamp en SOE-gegradueerdes.


Die SOE-span van Johannesburg – almal CfaN-Bootcamp- en SOE-gegradueerdes!

Van heinde en verre!
Die mees onlangse SOE is in Johannesburg, maar die studente het van oral uit Afrika en Suid-Afrika gekom. Trouens, net sowat ’n derde van die studente was van Gauteng! Met studente wat van so ver as Tanzanië, Kenia, Malawi, Zambië en Zimbabwe gekom het, sien ons werklik hoe die Here Afrika-evangeliste vir Afrika oprig.


Tanya Gardiner, wat CfaN se kommunikasie vir Europe en Suid-Afrika behartig, was daar om een van die eerste lesings te gee.

Uitreike reg van die begin af
Die span en studente mors geen tyd nie. Reg van die eerste week af is hulle aktief uit op straat besig om mense na Jesus toe te bring. Jy kan hul vordering en getuienisse op die openbare Facebook-groep, CfaN School of Evangelism in South Africa, volg.


Thea Britz, met 44 jaar van diens by CfaN, het die studente verwelkom.

Baie meer om te kom!
Het jy al gehoor van die CfaN Fire Camps, waar mense met ’n hart vir evangelisasie etlike dae lank saam deurbring, toegerus word en leer hoe om die Evangelie effektief te deel? Wil jy meer weet oor die volgende skole vir evangelisasie in Durban en Kaapstad volgende jaar? Daar is tans so baie aan die gang by CfaN Suid-Afrika. As jy nog nie vir ons nuusbrief ingeteken het nie, teken asseblief vandag in en word deel van die grootste oes van siele in die geskiedenis!


Baie dankie aan Acts Church South Campus in Midrand, waar die SOE aangebied word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 06/10/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here