Geskryf deur: Dr Peter Hammond
Artikelbron: www.savotersguide.org.za
Vanjaar sal Suid-Afrikaners wat geregistreer het om te stem, die verantwoordelikheid hê om ’n party te kies om hul belange te verteenwoordig in die munisipaliteit waar hulle woon. Hoe jy hierdie reg en verantwoordelikheid om te stem, uitoefen, sal verreikende gevolge vir elke area van jou lewe hê.
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan…” – Eksodus 18:21
* Ref = Referendum, wat verwys na ’n openbare stemgeleentheid
As verantwoordelike burgers moet Christene daarna streef om God op alle terreine van die lewe te eer. Ons moet die bose teëstaan en werk vir geregtigheid. Christene het dus ’n Bybelse plig om te stem.
Te midde van al die stemwerwery, onrealistiese beloftes, media-optredes, skree van slagspreuke en leë retoriek, is dit baie moeilik om ’n objektiewe perspektief op die werklikheid te handhaaf. Baie mense vind dit selfs moeilik om tydens verkiesingsveldtogte te onderskei wat reg en wat verkeerd is.
Wees versigtig om nie net te luister na wat gesê word nie, maar kyk na wat gedoen word. Sny deur die groot volume woorde en evalueer elke party en kandidaat in jou area oor die deurslaggewende Bybelse kwessies.
Wat die rol van Christene in sosiale en politieke aangeleenthede betref, gee die Bybel ons opdrag:
Bid:
“In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.” – 1 Timoteus 2:1-2
Bekeer:
“As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulleself sal verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” ̶ 2 Kronieke 7:14
Ontbloot die kwaad:
“…en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. “ – Efesiërs 5:11
Verbeter die gemeenskap:
“Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ‘n voorwerp van smaad kan wees nie.” – Nehemia 2:17
Soek geregtigheid:
“…hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg…” – Jesaja 1:16-17
Staan goddelose heersers teë:
“…u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind…” – Daniël 5:27
Handhaaf Christelike Standaarde:
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” – Matteus 5:13
Maak dissipel van die nasies:
“…maak dissipels van al die nasies… en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” – Matteus 28:19-20
Ander politieke partye sal ook op die stembrief wees, kontak hulle vir hul standpunt oor hierdie en ander Bybelse kwessies.
Vir meer inligting, verkry Biblical Principles for Africa (ook beskikbaar in Afrikaans) by die Christian Action Network: 021 689 4481, info@christianaction.org.za, www.christianaction.org.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 29/02/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Die Bybel, God se Woord, het al die antwoorde vir n Goeie Regering.