Artikelbron: cvandaag.nl 

Verskriklike beelde het na vore gekom van die gru-aanvalle op die Christelike Kuki-minderheid in Indië. ’n Video wat na bewering wêreldwyd versprei is op sosiale media, wys hoe Christen-vroue kaal geparadeer, betas en verkrag word. Daar kan selfs gesien word hoe een vrou vermoor word, berig CBN News. Dié gru-voorval het glo in Mei plaasgevind.

Skaars 24 uur nadat die video soos ’n veldbrand versprei het, het Indië se hoofregter Dhananjaya Y. Chandrachud ernstige kommer aan die hof uitgespreek en die sentrale regering gevra om op te tree. Anders sou die hooggeregshof die saak opneem.

Die sentrale regering en die staatsregering in Manipur het versuim om die etniese twis en slagting in Manipur doeltreffend te hanteer en dit het daartoe gelei dat die Kuki Christen-minderheid die slagoffer van ontsettende geweld geword het. Dit het ook met die polisie se medewete gebeur, berig CBN News verder.

In ander dele van die land waar Christen-minderhede aangeval is, het die polisie ook anderpad gekyk en kon ekstremistiese Hindoes ongehinderd toeslaan, berig CBN. Terwyl die afgryslike gebeurtenis nou binne ’n paar uur wêreldnuus geword het, het dit nie minder nie as tagtig dae lank geneem voordat die Indiese bevolking ingelig is.

Die beelde wek groot vrees onder minderhede wat nie die Hindutva-ideologie wat oral in Indië voorkom, aanhang nie.

Manipur se premier, wat volgens sy teenstanders simpatiseer met die Meitei Hindoe-ekstremiste, beweer honderde soortgelyke voorvalle het aan beide kante plaasgevind. Wanneer hy oor onrus aan beide kante praat, sê sy teenstanders dat hy nalaat om te noem dat die oorgrote meerderheid van die slagoffers Kuki-Christene is.

Laat ons nie van ons broers en susters in Indië vergeet nie en vir hulle intree. “Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word” – Hebreërs 13:3.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 26/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here