Artikelbron: www.facebook.com
Die bekende evangelis, oom Angus Buchan, het op sy Facebook-blad ’n oproep gedoen vir gebed vir Israel. Dit is veral vandag nog meer dringend aangesien Israel volgens berigte ’n aanval in Iran geloods het. Verskeie media berig dat daar ontploffings was.
CBS News berig dat daar volgens die Israelse weermag en Amerikaanse amptenare 170 onbemande hommeltuie, meer as 30 missiele en 120 ballistiese missiele in die aangeval gebruik is.
“Ek wil hê jy moet vir die volk Israel bid. Soos nog nooit tevore nie, in die geskiedenis van die wêreld, het hulle ons hulp nodig,” sê Angus Buchan in ’n video wat hy gister uitgereik het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 19/04/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.