Artikelbron: www.angel.com

Regisseur Alejandro Monteverde (van Sound of Freedom) se kragtige verhaal van ’n vrou wat die establishment aangedurf het en die grootste sosiale entrepreneur van die 19de eeu geword het, word van vrydag (8 Maart) in samewerking met Angel Studios in teaters vertoon, net betyds vir Wêreldvrouedag.

Francesca Cabrini is een van die mees inspirerende en invloedrykste figure in die moderne geskiedenis, en tog weet min mense van haar of weet waaroor haar storie gaan. Gekonfronteer met oënskynlik onoorkomelike struikelblokke, het Cabrini verkies om eerder te fokus op hoe sy die status quo in haar tyd kon verander en haar impak op die wêreld word vandag steeds gevoel,” het Liz Ellis, die bedryfshoof by Angel Studios, gesê.

Cabrini, ’n arm, dog vasberade Italiaanse immigrant het een van die groot entrepreneurs van die 19de eeu geword. Deur haar wilskrag, moed, deernis en sakevaardigheid het sy seksisme en gewelddadige anti-Italiaanse gedrag oorwin terwyl sy teen ’n establishment geveg het wat haar probeer stuit.

Die rol van Francesca Cabrini word vertolk deur Cristiana Dell’Anna (Gomorra, Trust) en van die ander hoofrolle word vertolk deur John Lithgow (Third Rock from the Sun, Footloose, The Old Man), David Morse (The Green Mile, The Rock, St. Elsewhere), Giancarol Giannini (Quantum of Solace, Casino Royale), en Federico Castelluccio (The Sopranos, El Cantate).

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 07/03/2024
Foto: www.angel.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here