Artikelbron: cne.news 

Moed en bereidwilligheid om op te offer sal die sentrale tema van die rolprent, Bonhoeffer, wees, wat na verwagting in November 2024 deur Angel Studios uitgereik sal word. Volgens die berig van CNE News sal die rolprent die lewe van een van die mees prominente Duitse teoloë van die 20ste eeu uitbeeld.

“”Daar was nog nooit ’n tyd in die geskiedenis dat ons meer as vandag aan die lewe van Dietrich Bonhoeffer herinner moes word nie,” het Jordan Harmon, die president van Angel Studios gesê.

Dietrich Bonhoeffer het om teologiese redes tydens die Tweede Wêreldoorlog aan die weerstandsbeweging teen die Nasionaal-Sosialiste deelgeneem. Hy is op 9 April 1945 in die Flossenbürg-konsentrasiekamp tereggestel.

Angel Studios is die ateljee wat onlangs die rolprent, Sound of Freedom, uitgereik het en die trefferreeks, The Chosen, is ook een van hulle projekte.

Kyk hier na die lokprent:

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 30/11/2023
Foto: Skermskoot YouTube

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here