Geskryf deur: Doctors for Life International Artikelbron: Artikel verskaf
Doctors for Life International (DFL) nooi almal uit na hulle virtuele algemene jaarvergadering op 9 September 2023 om 10h00 tot 14h00. Die sprekers is prof. Dr. Theo Boer, dr. Mirian Grossman en dr. Michelle Cretella.
Professor dr. Boer het uitgebreide ondervinding in die etiek van genadedood en geassisteerde selfdood. Die titel van sy bespreking is “Euthanasia” en hy sal ervarings uit Nederland deel. Hy het van 2005-2014 op een van die vyf Streekshersieningskomitees oor genadedood gedien en agterna hersien of gevalle van genadedood of geassisteerde selfdood in ooreenstemming met wetlike vereistes plaasgevind het. In 2007 het hy geskryf: “Daar hoef nie ’n glibberige afdraandpad te wees rakende genadedood nie. ’n Goeie genadedoodwet, in kombinasie met die genadedood-hersieningsprosedure, bied die waarborge vir ’n stabiele en relatief lae genadedoodgetal.” Prof. Dr. Boer het sedertdien toenemend krities geword oor ontwikkelinge op hierdie gebied en het een van die mees uitgesproke kritici van die Nederlandse genadedoodwet geword.
Die tweede spreker, dr. Miriam Grossman is ’n psigiater, skrywer en openbare spreker. Voordat gender ideologie nog op enigiemand se radar was, het sy ouers in 2009 reeds oor die gevare daarvan gewaarsku in haar boek, You’re Teaching My Child WHAT? Sy het onlangs haar nuwe boek, Lost in Trans Nation: A Child Psychiatrist’s Guide Out of the Madness, uitgereik. Dr. Grossman se praktyk fokus op gender verwarde jongmense en hul ouers. Sy is uitgesproke oor die feit dat haar beroep deur ideoloë gekaap is en dat dit gelei het tot gevaarlike en eksperimentele behandelings van kinders en verraad teenoor ouers.
Dr. Cretella is die voormalige uitvoerende direkteur van die American College of Pediatricians. Sy het een van die wêreld se mees uitgesproke kritici van gender ideologie geword. Sy dien op die Adviesraad van Advokate wat Kinders Beskerm asook die Alliansie vir Terapeutiese Keuse. Die titel van haar bespreking is “Transgender Belief: Healing Minds, Embracing Bodies & Saving Lives.
Besoek: doctorsforlife.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 28/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas van www.rawpixel.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








