Artikelbron: cvandaag.nl
Sedert die Russiese inval in die Oekraïne was daar ’n toename in vervolging van Oekraïense Christene, veral evangeliese Christene. Pres. Poetin se doel blyk te wees om Russiese invloed in die Oekraïne te versterk deur slegs die Russies-Ortodokse Kerk toe te laat, terwyl ander godsdiensgroepe as bedreigings beskou word.
In die afgelope twee jaar is minstens 206 evangeliese kerke geplunder en deur Russiese soldate oorgeneem, terwyl nie-Ortodokse kerke in besette gebied die reg op aanbidding verloor het. Russiese soldate stroop plekke van aanbidding, vernietig opsetlik Oekraïense geestelike literatuur, voer klopjagte uit en versamel inligting oor kerkgangers om hulle te monitor.
Evangeliese pastore word gedwing om nie Oekraïens tydens dienste te praat nie en die besettende owerhede verbied Christelike lektuur in Oekraïens. Christelike aktiwiteite word as spioenasie beskou, wat lei tot dreigemente, arrestasies, marteling en skyn teregstellings. Dit is veral predikante en priesters wat geteiken word. Hulle en hul gesinne kry te make met onwettige arrestasies, ure lange afranseling in groepe, word gedreig met verkragting en het dikwels tydens die aanhouding geen toegang tot voedsel of ’n toilet nie.
Die Russies-Ortodokse Kerk word gesien as die godsdienstige arm van die Russiese regering en word nie vervolg nie omdat dit die besetting van die Krim en Oos-Oekraïne ondersteun. Oekraïens-Ortodokse kerke wat by die Moskou-patriargaat geaffilieer is, word ook nie vervolg nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2024
Foto slegs ter illustrasie: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.