Artikelbron: God Reports

Nuraldaim Hassan, wat as ’n Moslem in Soedan grootgeword het, het op ’n baie spesiale manier tot bekering gekom.

Eendag het ’n reisiger tydens ’n reënbui by Nuraldaim se huis skuiling gesoek. Ná die reisiger weg is, het Nuraldaim op ’n Bybel afgekom wat die man daar neergesit het. Dit was die begin van Nuraldaim se bekering tot die Christelike geloof. Nuraldaim is nou ’n pastoor in ’n Soedanese kerk, berig  God Reports.

Nuraldaim het die Bybel uit nuuskierigheid begin lees. Toe sy pa hom met die Boek sien, het hy die Bybel weggeneem en sy seun bevel om nie meer die Bybel te lees nie. ’n Vriend van Nuraldaim, van die Christelike Jumium-stam, het hom egter meer van Christus vertel.

Later het Nuraldaim saam met sy vriend ‘n kerk gaan besoek. Hy het nie toe vir Christus aangeneem nie, maar sy belangstelling is geprikkel. ’n Kerkleier het hom vertel van die geleentheid om ’n Bybelskool by te woon. Nuraldaim en ’n paar vriende het toe besluit om die skool te besoek, al was hy steeds nog nie ’n Christen nie. By Bybelskool het hy uiteindelike gekies om Jesus aan te neem en gedoop te word.

Nuraldaim weet steeds nie wie die Bybel in sy huis gelos het nie, maar sien dit as ‘n wonderlike manier waarop God hom bereik het. Nou is hy ’n leier in die Blue Nile Churches-gemeenskap van Soedan.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer 15/05/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here