Artikelbron: itickets.co.za

Sean Feucht, die stigter van die Let Us Worship-beweging, gaan deel uitmaak van ’n Goeie Vrydag-geleentheid in Johannesburg. Hierdie geleentheid wat gereël is deur Let Us Worship en We Will Worship sal duisende gelowiges byeenbring om Jesus te aanbid en vir Suid-Afrika te bid.

Verlede jaar se Let Us Worship-geleentheid in Roodepoort het duisende mense in aanbidding verenig.

Vanjaar se geleentheid, wat deur verskeie kerke in Johannesburg aangebied word, sal op 7 April. Goeie Vrydag, by New Covenant Church in Bryanston plaasvind. Die hekke sal om 13:00 open en die geleentheid begin om 15:00. Hoewel die geleentheid gratis is, moet deelnemers by iTickets registreer om die skare te reguleer. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar teen R50 en daar sal kosstalletjies wees.

Die Let Us Worship-beweging het in Amerika begin as ‘n buitelugaanbiddingstoer tydens die pandemie-inperkings. In 2022 het die Let Us Worship-beweging amptelik wêreldwyd begin toer en Suid-Afrika wat hulle eerste internasionale stop.

Die doel met die geleentheid op Goeie Vrydag is om God se woord oor die nasie te verkondig, hoop, eenheid en vryheid in mense se harte te laat opvlam.

Sean Feucht, die hoofgaskunstenaar by die geleentheid, is ’n sendeling, spreker, skrywer, aanbiddingskunstenaar, aktivis en stigter van verskeie wêreldbewegings, insluitend Burn 24-7, Light A Candle, Hold the Line, en Let Us Worship.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

Datum gepubliseer: 21/03/2023

Foto: Wikipedia.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here