Artikelbron: www.christian.org.uk

Die polisie moes in Manchester, Engeland, ingryp om ’n jong pro-lewe-spreker te beskerm teen ’n skreeuende skare pro-aborsie-betogers. Madeline Page, die uitvoerende hoof van die Alliance of Pro-life Students (APS), moes onder polisiebegeleiding na ’n ander plek begelei word omdat dit te gevaarlik vir haar was om direk na haar koshuis te gaan.

Dit is die tweede keer vanjaar dat die polisie ’n pro-lewe-studente van die Universiteit van Manchester moes beskerm. Page het pas ’n lesing gegee toe sy so gedreig is en sy die lesingsaal onder polisiebegeleiding moes verlaat.

’n Groot groep studente het haar egter steeds gevolg, beledigings geskree, haar gedreig en uiteindelik genoop om per taxi na ’n ander plek te gaan omdat die situasie te gevaarlik geword het.

Die geleentheid waar sy gepraat het student die geleentheid gebied om vrae te vra oor haar pro-lewe-standpunt. “Maar selfs voordat die geleentheid begin het, het ek geweet daar sou probleme wees,” het Page gesê. Sy het verwys na hoe daar reeds negatief oor haar gepraat word op sosiale media en hoe die universiteit die gebou twee uur voor die geleentheid weens veiligheidsredes moes ontruim.

Catherine Robinson, die woordvoerder van Right To Life UK, het die gebeure sterk gekritiseer: “Die pro-aborsiebetogers by die Universiteit van Manchester het weereens hulleself en hul universiteit in ’n slegte lig gestel. Dit is verstommend hoe min die universiteit doen om die intimidasie teë te werk en die wangedrag wat pro-lewe-studente, en Madeline in die besonder, moes verduur.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 07/05/2024
Foto: cvandaag.nl /right to lilfe UK

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here