Artikelbron: morningstarnews.org

Menseregtekundiges van die Verenigde Nasies (VN) het onlangs ’n beroep gedoen op Pakistan om wetlike hervormings in te stel om vroue en meisies van minderheidsgroepe en gelowe teen gedwonge huwelike en verandering van godsdiens te beskerm.

Hulle het gevra dat die wettige ouderdom vir meisies om in die huwelik te tree verhoog moet word tot 18 om uitbuiting te verhoed. Daar is kommer uitgespreek oor straffeloosheid vir sulke misdade en het gevalle uitgelig waar howe gedwonge bekerings en huwelike selfs bekragtig het. Die kenners het beklemtoon dat kinderhuwelike nie kultureel of godsdienstig geregverdig kan word nie en het benadruk dat toestemming tot die huwelik belangrik is volgens die internasionale reg.

Tans het slegs Sindh-provinsie die wettige huweliksouderdom vir beide geslagte op 18 gestel, terwyl meisies in ander provinsies reeds wettiglik op 16 kan trou. Die kenners het wette geëis om te verseker dat huwelike op vrye toestemming gebaseer is, veral vir kwesbare groepe soos Christen- en Hindoe-meisies.

Hulle het gevalle van gedwonge bekerings en huwelike uitgelig, soos Mishal Rasheed se ontvoering en “bekering: in 2022 asook ’n onlangse voorval waar ’n 13-jarige Christen-meisie met geweld gedwing is om ’n Moslem te word en getroud is. Die kenners het klem gelê op die kwesbaarheid van Christen- en Hindoe-meisies vir verskeie vorme van uitbuiting, insluitend mensehandel en seksuele geweld.

Die groep het ’n beroep op Pakistan gedoen om oortreders te vervolg, bestaande wetlike beskerming af te dwing en internasionale menseregteverpligtinge te handhaaf. Hulle het ‘n verslag aangehaal wat beweer dat ongeveer 1 000 meisies uit godsdiensminderhede jaarliks ontvoer en gedwing word om die Moslem-geloof aan te neem. Advokate het die behoefte aan eenvormige huwelikswette en geregtelike toesig beklemtoon om meisies se regte te beskerm, veral dié van kwesbare gemeenskappe.

Ondanks pogings deur liberale wetgewers, is daar steeds uitdagings in die implementering van wetgewing teen gedwonge bekerings en die wysiging van wette oor kinderhuwelike.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer 10/05/2024
Foto slegs ter illustrasie:  unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here