Geskryf deur: Geopende Deure SA Artikelbron: www.opendoors.org.za

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My
kan julle niks doen nie. “ – Johannes 15:5

Het jy geweet die woord vrug(te) kan meer as 60 keer in die Nuwe Testament gevind word?
Johannes 15:5-8 help ons om die kwaliteit van ons vrug te bepaal deur te kyk na dít waarin ons
gewortel is.

As volgelinge van Jesus word van ons verwag om goeie vrug te dra. In die Liggaam van Christus is
daar diegene wat in hierdie eeu en op hierdie einste oomblik vervolg word vir die goeie vrug wat
hulle vir Christus dra.

Ons hou hierdie gelowiges in gedagte en staan saam met Christene wat vervolg word, maar steeds
gewortel bly in hul geloof.

Sluit by Geopende Deure aan op 4 Junie 2023 terwyl die organisasie die gelowiges vier wat goeie
vrug dra in van die moeilikste omgewings. Laat hierdie geleentheid ’n tyd van inspirasie, gebed en
viering wees van wat God onder ons vervolgde geloofsfamilie doen.

Hoe om op daardie Vervolgingsondag by ons aan te sluit:
• Wees ’n spreker by jou kerk (klik hier om meer uit te vind opendoors.org.za)
• Nooi een van ons vrywillige sprekers (klik hier opendoors.org.za)
• Gee ’n geskenk van hoop aan ons vervolgde familie (klik hier opendoors.org.za)
Gee vandag en help om God se Koninkryk uit te bou. Klik op hierdie skakel
opendoors.org.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 30/05/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here