Deur Geopende Deure SA
Artikelbron: www.opendoors.org.za

Suid-Afrikaners sal op 29 Mei na die stembus gaan om hul stemme uit te bring vir ʼn nuwe Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewer in elke provinsie. Talle mense sal vir verandering stem weens frustrasies met ons land se huidige probleme – van werkloosheid tot beurtkrag, ʼn watertekort en korrupsie.

Hoewel dit beduidende uitdagings is, is ons geseën met die geleentheid om vir verandering te stem – wat óf die situasie vir ons land en onsself sal verbeter óf dit sal vererger.

Mense in Indië sal ook vanjaar hul stemme uitbring. Anders as met ons verkiesing, wat slegs ʼn paar dae sal duur, is hul verkiesingstydperk met ʼn bevolking van 1,4 miljard uitgerek vanaf middel April tot 1 Junie. En hoewel ons verkiesing ook ons godsdiens en geloof kan beïnvloed, waarborg ons Grondwet steeds godsdiens- en geloofsvryheid.

Maar stel jou vir ʼn oomblik voor dat die verkiesing sal bepaal of jy die Evangelie kan deel of gestraf word omdat jy gekies het om Jesus te volg, of as dit daartoe lei dat jou kerk sonder rede aangeval word. Hoe belangrik sal dit vir jou wees om te stem, of wat is die waarskynlikheid dat jy sal stem?

Dít is wat vir Christene in Indië op die spel is en waaroor hulle moet besin terwyl hulle stem of reeds hul stemme uitgebring het.

Hoewel Indië die grootste demokrasie ter wêreld is, neem die vervolging van godsdienstige minderhede vinnig toe. Aanvalle, dreigemente en moorde is ʼn daaglikse werklikheid. En tog word wonderlike verhale van geloof en veerkragtigheid vanuit Indië gehoor.

Terwyl ons voorberei om ons stemme uit te bring, dink aan ons familie in Indië en wat die verkiesing vir hulle beteken.

Bid saam met ons vir Indië en Suid-Afrika gedurende dié verkiesingstydperk. Saam kan ons die groei van die Kerk in Indië, wat grootskaalse vervolging in die gesig staar, aanmoedig.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 30/04/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here