Geskryf deur: Franci van Heerden
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

‘n Paar jaar gelede het ek begin dagboek hou van mooi gesegdes en Bybelverse – elke dag ietsie. Einde Desember 2022 het die Here dit op my hart gedruk om meer doelgerig te skryf. In 2023 het ek 365 dae van liefde geskryf, elke dag. Alhoewel dit vir my onmoontlik gevoel het aan die begin, het Hy gesorg dat ek elke dag iets gehad het om oor te skryf.

’n Nuwe seisoen van temas
Einde 2023 het ek ’n nuwe dagboek gekoop vir 2024. Wat gaan ek skryf? Hy het toe elke maand vir my ’n onderwerp gegee om oor te skryf – hoop, genade, vergifnis, gebed, vertroue, vreugde, vrede, geloof, weer liefde, moenie bang wees nie, en dankbaarheid. Desember was Jesus se “Ek is” -stellings in die evangelies en Openbaring.

2025: Jaar van beloftes
Kom 2025 het ek besluit om ’n hele jaar van God en Jesus se beloftes neer te skryf – daar is ongeveer 7 950 beloftes in die Woord van God. Ek moes hulle net soek, vind en neerskryf.

’n Oop en eerlike gebed
“Here, U weet hoe lyk my 1983-vertaling van U Woord. Soos ’n inkleurboek. Só baie verse is al reeds deur die jare ingekleur en onderstreep. Hoe gaan ek dit kan onderskei? Ek wil graag ’n nuwe Bybel hê, maar ek het nie nou geld vir een nie.”

God se voorsiening
Die volgende Sondag in die kerk sê die pastoor dat ons kerk vir elke lidmaat ’n nuwe Bybel wil gee. Dit was klaar gekoop en ons kon elkeen vir onsself een neem – ’n nuwe 2020-vertaling! Dit was begin Januarie 2025.

’n Perfekte geskenk
Here, dankie vir U voorsiening van hierdie nuwe Bybel – ’n Bybel waarin ek al U beloftes kan onderstreep en inkleur. ’n Nuwe Belofte-Bybel! Hy het presies geweet wat en wanneer om dit vir my te gee (al het elke gemeentelid een ontvang, het ek geweet dit was vir my) – op só ’n spesiale, wonderlike en onverwagte manier.

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 30/06/2025
Foto slegs ter illustrasie.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here