Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Hierdie eenvoudige stroopmuffins is ’n ware bederf – sag, geurig en perfek vir enige tyd van die dag. Met basiese bestanddele en ’n vinnige metode, is dit ideaal vir wanneer jy lus is vir iets soets en troostend. Maak dit warm en geniet dit met ’n koppie tee, of bêre vir later – dit bly heerlik!
Bestanddele:
• 2 groot NuLaid-eiers
• ½ koppie suiker
• ¼ koppie olie
• ½ koppie melk
• 1 koppie koekmeel
• 1 t bakpoeier
• ½ t kaneel
• Knippie sout
Stroop:
• ½ koppie suiker
• ½ koppie water
• ½ t vanielje
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Klits NuLaid-eiers, suiker, olie en melk saam.
3. Meng die meel, bakpoeier, sout en kaneel afsonderlik,
en voeg by die eiermengsel.
4. Skep in ’n gesmeerde muffinpannetjie en bak vir 15 minute.
5. Kook die stroopbestanddele saam tot effens verdik.
6. Giet die warm stroop oor die warm muffins en laat intrek.
Geniet warm met ’n koppie tee of koel af vir later.
Vir nog meer heerlike resepte met Nulaid eiers gaan na:
…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou hierdie JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.










