Artikelbron: mercyships.co.za

Mercy Ships het begin planne maak vir die ontwikkeling van ’n nuwe hospitaalskip. Die idee hiervoor spruit uit die begeerte om meer kapasiteit te ontwikkel om mediese sorg in Afrika te lewer.

Deur die vloot uit te brei, sal meer mense die chirurgiese sorg ontvang wat hulle nodig het en kan meer mediese beroepslui opgelei word. Elke jaar sterf daar ongeveer 17 miljoen mense wêreldwyd weens die gebrek aan mediese sorg, dus bly die behoefte in hierdie gebied hoog.

Vir die uitbreiding werk Mercy Ships saam met die MSC Group en MSC Foundation, wat die begin van hierdie nuwe projek moontlik gemaak het met ’n ruim skenking. Die nuwe skip sal waarskynlik dieselfde spesifikasies as die hospitaalskip, die Global Mercy, hê. Die planne sal in ’n later stadium in meer detail gedeel word.

Kyk hier na ʼn video oor hierdie bediening: mercyships.co.za


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer 28/05/2024
Foto: Mercy Ships

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here