Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Geliefde prediker en outeur Max Lucado het 50 jaar sedert sy bekering gevier met ’n gewaagde gebaar, sy eerste tatoeëermerk.
Op Goeie Vrydag het Lucado gedeel dat hy die Griekse woord tetelestai (“Dit is volbring”) op sy voorarm laat tatoeëer het, ter herdenking van Jesus se laaste woorde aan die kruis (Joh 19:30).
Die 70-jarige, wat eens ’n dronkaard, rassis en huigelaar was, skryf sy lewensverandering toe aan genade. “Nie almal hou van die idee dat ’n 70-jarige pastoor ’n tatoeëermerk kry nie, maar ek het dit nie vir mense gedoen nie – ek het dit gedoen om vir Jesus dankie te sê.”
Wat is jou siening oor Christene en tatoeëermerke? Dink jy dit is gepas of nie? Laat weet ons: info@juig.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 23/05/2025
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








