Geskryf deur: Frederik Smith
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Wanneer ons aan God gehoorsaam is, gebeur daar kragtige wonderdade. God gebruik gewone mense soos ek en jy om ongewone en groot wonders te doen. Wanneer ons ongehoorsaam is gebeur die teenoorgestelde en dan is ons spyt en verwyt ons onsself gewoonlik. Kom ons wees gehoorsaam en trou teenoor God se opdragte en sy Woord.

Getuienis van God se tydsberekening
Ek het ’n getuienis wat ek graag wil deel oor hoe God ons stuur om op sekere plekke te wees met ’n doel. Op ’n dag moes my vrou ’n herhaalvoorskrif gaan kry by haar dokter. Ek het besluit om die tyd te gebruik om my hare te laat sny en daarna spreekkamer toe te ry en vir haar daar te wag. Dit was teen so 11-uur die oggend en alreeds lekker warm. Ek het onder die boom in die koelte parkeer.

Oomblik van nood
Ek het gevoel hoe iets agter op my bakkie druk en toe ek kyk sien ek dat die karwag teen my bakkie leun, amper soos wat ’n dronk mens sou doen. Die volgende oomblik was hy by my deur. “Dokter,” het hy gesê, amper onhoorbaar. Toe ek my deur oopmaak sak die man inmekaar in my arms.

’n Lewe gered
Ek het hom gestabiliseer en skadu gemaak vir sy gesig en dadelik die dokter ontbied. Hulle het gesukkel om hom aan die lewe te hou, sy longe het platgeval en hy het ’n tekort aan suurstof gehad. Dit was ’n groot asma-aanval, maar die dokters en ambulansmanne kon hom weer stabiliseer.

Alle dank aan God
Ek het bly opvolg om te hoor hoe dit gaan met hom en was verlig en opgewonde toe hy weer na vier dae terug was op sy pos. Ek het hom besoek en gesê alle dank gaan aan God en nie aan my nie. Ek was net ’n instrument en ek is ewig dankbaar dat ek gehoorsaam was en dat sy lewe daardeur gered is.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 08/01/2025

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here