Geskryf deur: Almarie du Preez
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Sandy, ’n inwoner van Quasar-huis in Oostersee in die Wes-Kaap, het onlangs by ’n vroueoggend (aangebied by Skilpadvlei in samewerking met Kaapse Kansel) gedeel hoe sy as jong meisie uit haar motor geslinger is iewers op die roete tussen Gauteng en die Kaap. Toe jy besef dat haar rolstoel al vir meer as veertig jaar haar enigste bene is, kan jy nie anders as om ’n gevoel van empatie, sowel as die benoude ongemak van “wat as dit met my gebeur”, te ervaar nie.

Vir Sandy gaan alles oor Jesus
Die bejammering verdwyn egter spoedig wanneer Sandy getuig dat alles vir haar oor Jesus gaan en haar onwrikbare dankbaarheid ten spyte van haar liggaamlike beperkinge, jou skaam laat oor die dinge waaroor jy self kla.

’n Onvergeetlike oggend
Sandy se verhaal te-same met ’n getuienis en sang deur Koffidate se Phillipine Morkel, ’n watertandlekker ontbyt en ’n prettige prystrekking het gesorg vir ’n onvergeetlike oggend. Dankbaarheid vir God se genade vul die atmosfeer. Elke vrou se getuienis herinner die dames aan die waarde van ’n intieme lewe saam met jou Skepper, veral in tye waar alles anders in ’n oogwink kan wegval.

Die liggaam van Christus
Terwyl ek self heerlik aan ’n croissant smul, kyk ek hoe ’n versorger oorkant die tafel die arms van die kwadruplegiese Hester word, terwyl sy haar ontbyt vir haar voer. Dit herinner my aan die Bybelse beeld in 1 Korintiërs 12 (AFR20): “Want soos die liggaam ’n eenheid is, maar uit baie ledemate bestaan, en al die ledemate van die liggaam, alhoewel hulle baie is, een liggaam vorm, so is dit ook met Christus. Julle is die liggaam van Christus” (v 12, 27).

Quasar-huis se diensbaarheid en toewyding
As liggaam van Christus is ons ook ledemate vir mekaar. Vir die inwoners van Quasar-huis is dit letterlik ’n daaglikse behoefte wanneer versorgers die funksie van hul ledemate verrig. Hierdie take vereis volgehoue toewyding en onselfsugtige diensbaarheid. Daarom was dit vir Kaapse Kansel ’n voorreg om die lig te skyn op die wonderlike diens wat Jacques de Beer, bestuurder van Quasar-huis, saam met hul personeel verrig om die selfstandigheid van hul inwoners te verseker. As huis vir kwadruple-giese individue doen hulle alles in hul vermoë om bewusmaking te skep, fondse te werf en die talente van hul inwoners, soos mondskilderkuns, te ondersteun.

Saam skyn ons God se lig
Alleen is ons elkeen ’n ledemaat, maar saam is ons ledemate van lig. En deur mekaar te steun, skyn ons ook God se lig vir mekaar sodat geen ledemaat alleen moet swaar trek nie. ’n Spesiale dankie aan Marina Loubser wat die inisiatief geneem het om hierdie vroueoggend ten bate van Quasar-huis moontlik te maak asook aan JUIG! wat ’n gratis tydskrif aan elke vrou gegee het.

Vir meer inligting oor QUASAR-HUIS besoek gerus www.quasar.org.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 21/11/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here