Geskryf deur:
Artikelbron: www.opendoors.nl  

Kim Jong-un se strafkamp 17 het nou glo reeds 44 000 mense in aanhouding. Die strafkamp is aanvanklik in 1983 gesluit, maar hy het dit November 2014 heropen as deel van Noord-Korea se voortgesette taktiek van onderdrukking en staatsbeheer.

Met sy ampsaanvaarding in 2011 het Kim Jong-un die gevangeniskampstelsel uitgebrei as deel van politieke suiwerings. Kamp 17 het nou die hoogste aantal gevangenes. Noord-Korea bedryf na raming nege groot “heropvoedingskampe”, wat ongeveer 200 000 politieke gevangenes het, volgens Daily NK en Geopende Deure.

Christene in Noord-Korea bevind hulle op alle vlakke van die gevangenisstelsel. Sommige van hulle is dekades gelede weens hul ouers se geloof verban. Daar is ook geheime Christene wat hul geloof moet wegsteek, selfs in die tronk. Noord-Korea gebruik heropvoedingskampe as ʼn manier om sy burgers te onderdruk. Gevangenes moet dwangarbeid verrrig, ontvang gedwonge filosofiese opleiding en word mishandel en aan gevaarlike werksomstandighede blootgestel.

Benewens heropvoedingskampe is daar ook “totale beheersone”’, waar gevangenes nooit lewend vrygelaat word nie en gedwing word om hulself letterlik dood te werk. Kim Jong-un volg die taktiek van sy voorgangers, Kim Il-sung en Kim Jong-il, om sy houvas op die bevolking te behou.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 30/01/2024
Foto: opendoors.nl

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here