Artikelbron: cvandaag.nls
Sedert die oorlog in die Oekraïne is die suidelike Oekraïense stad Kherson deur die Russe beset en toe weer deur die Oekraïne bevry. Nou word die stad weer eens beleër aangesien die Russe weer probeer om die stad in te neem.
Ondanks dit alles, verwelkom kerke in die oorlogsone honderde kerkgangers, berig CBN News. Die Christelike nuusnetwerk het na hierdie voorste linie in die suide gereis en ’n spookdorp aangetref.
Pastoor Oleh Derkanchenko voel egter steeds geroepe om in Kherson te dien. Die linkeroewer van die Dnjeprrivier word deur Russiese magte beheer en die regteroewer deur Oekraïners. Derkanchenko se kerk is aan die Oekraïense kant geleë. Met tye val Russiese granate skaars 25 m van die kerk val, “maar niks tref ons nie. God beskerm ons,” het die pastoor gesê.
Voor die Russiese inval het ongeveer honderd mense sy Sondagbyeenkomste bygewoon. Vandag loop sy kerk oor. “Sedert Kersfees 2022 het sowat 500 mense en soms soveel as 700 mense ons kerkdienste bygewoon. Sondae is die kerk stampvol het Derkanchenko gesê.
“Mense verstaan dat die kerk ’n sentrum van hoop en innerlike vrede is,” het Derkanchenko gesê. Onlangs het verskeie mense hul geloof in Jesus Christus bely en is hulle in ’n bad gedoop. “Ons het selfs mense wat na die oorlogsone kom om ons kerk uit ander streke te besoek. Mense sê dikwels vir my dat hulle rustiger voel hier in die kerk as by die huis. Dit het alles te doen met die goedheid van God,” gaan Derkanchenko voort.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 11/04/2023
Foto: Skerskoot YouTube
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.