Geskryf deur Vivienne Myburgh, nasionale direkteur van ICEJ SA
Op 7 Oktober 2023 het Hamas die grootste en wreedste aanval op Jode sedert die Jodeslagting geloods. Meer as 1 200 mans, vroue en kinders is wreed vermoor, baie is verkrag en 252 is as gyselaars na Gasa geneem. Die nasie Israel rou steeds oor die verlies van hul geliefdes en is getraumatiseerd oor diegene (ouderdom 1 tot 86 jaar) wat tien maande later steeds gyselaar gehou word, sonder enige internasionale or-ganisasie wat toegelaat word om hulle te besoek of noodsaaklike medikasie (gestuur deur Israel) aan hulle te oorhandig.
Kruisig Israel
Terwyl Israel voortgaan om te reageer op die wrede aanval deur Hamas, sowel as voortdurende vuurpyle van Hamas en Hezbollah in die noorde, verloor meer jong mans – wat pa’s, mans en broers is – hul lewens in hierdie uitgerekte stryd en die trauma van die nasie duur voort. Die meerderheid van die wêreld en media kruisig Israel omdat hulle hulself verdedig het; ons sien ook ’n die toename in antisemitiese aanvalle wêreldwyd.
Dien en bedien
Dit is NOU, meer as ooit vantevore, dat Israel sien wie hul regte vriende is soos Christene die Bybelse mandaat opneem om die volk Israel te troos. ICEJ is goed geposisioneer om hierdie rol te vervul, aangesien ons sedert 1980 toe ons ’n ambassade in Jerusalem gestig het, die volk Israel dien en bedien met die mandaat om hulle te troos – volgens Jesaja 40:1-2: “Troos, troos my volk, sê julle God.” Ons is ’n kanaal om jou in staat te stel om hierdie skrif uit te leef en ook om die opdragte in Romeine 15:27 te vervul: “Want as die gelowiges uit die Jode hulle geestelike rykdom met die heidennasies gedeel het, is die gelowiges uit die heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om hulle met stoflike hulp by te staan.”
Red lewens in Israel
Die ICEJ het noodsaaklike eerste-reaksietoerusting aan die Gasa-
omringde gemeenskappe verskaf voor die aanval deur Hamas, wat volgens veiligheidspersoneel moontlik tot 3 000 lewens daardie dag gered het. Dit het die personeel op grondvlak diep aangeraak en is ’n getuienis van ons liefde in aksie! Hieronder is ’n paar van die gebiede waar ons die Joodse volk bedien het sedert die “Operasie Swaarde van Yster”-oorlog begin het:
VOEDSEL
ICEJ het twee afleweringsvragmotors verskaf om kospakkies aan ontruimde en benadeelde gesinne te versprei asook 15 500 kospakkies vir ontruimde gesinne verskaf en 150 gesinne met voedsel ondersteun.
’n Ambulans wat deur ICEJ aan Israel geskenk is.
ONDERSTEUNING VAN ONTHEEMDE PERSONE
• Basiese behoeftes vir hul kinders, insluitend speletjies, matrasse en noodhulpstelle.
• Aktiwiteite vir 1 180 ontheemde kinders, sommige met gestremdhede, wat terapeutiese aktiwiteite en emosionele ondersteuning verskaf.
• 12 klaskamers vir kinders gevestig en rekenaars, toerusting en boeke verskaf.
• Beurse vir ontheemde kinders van Sderot om by die skool in Jerusalem aan te sluit.
• 250 sakke speelgoed is aan ontruimde gesinne in Haifa uitgedeel.
• Befondsing vir die druk van 4 000 kinderboeke om getraumatiseerde ontheemde kinders met veerkragtigheid te help. Die boeke sal by die Be’eri-drukkery gedruk word om hulle te help om hul gemeenskap te rehabiliteer.
• Twee binnenshuise speelgronde en onderrig vir die kinders van Kibboets Be’eri en Alumim.
• 52 gesinne van Nir Oz het finansiële en emosionele ondersteuning ontvang as slagoffers van terreur, en huishoudelike items is vervang wat in die aanval op 7 Oktober vernietig is.
• Ouer/kind/terapeutiese aktiwiteite vir die ontheemde kinders van Nir Yitzchak.
• Opknapping van tien woonstelle vir bejaarde ontheemde persone.
• Ses stelle brandbestrydingstoerusting en ander toerusting vir noodreaksiespanne – (3) Hof Ashkelon & (2) Eshkol-streek, (1) Lachish-streek en ’n Savanna-bussie vir die noodreaksiespan van die Eshkol-streekraad.
MEDIESE TOERUSTING
• Vier lewensondersteunende ambulanse (insluitend een vir die Haifa-tehuis en een vir erg gestremde kinders), een mediese bromponie.
• Drie soek-en-reddingspanne (30 mense in totaal) het toerusting ontvang in die vorm van beskermende toerusting (koeëlbe-stande baadjies en helms), soek- en herwinningstoerusting,
voorraadhouers vir menslike oorskot wat gevind word, noodhulp en mediese intervensietoerusting.
TRAUMAREAKSIE
• ICEJ het leierskap/veerkragtigheidsopleiding en ondersteuning aan 210 dokters en verpleegkundiges wat verantwoordelik is vir ten minste 2 625 mediese personeel, befonds.
• Ons het gehelp om ’n traumasentrum in die noorde vir IDF-vete-rane/ander te vestig om hulle te help om posttraumatiese stresversteuring (PTSV) die hoof te bied.
• Het ’n PTSV-behandelingsentrum in Jerusalem opgeknap sodat hulle honderde IDF-soldate, veterane en burgerlikes kon aanvaar wat aan PTSV ly weens die krisis.
• Ondersteuning om virtuelerealiteit-traumabehandeling te ontwikkel wat noodsaaklike traumabehandeling aan duisende jeugdiges en ander sal verskaf teen ’n minimale koste.
• 340 behandelings vir oorlogslagoffers om hul geestelike welstand te ondersteun en sosiale/emosionele ondersteuning vir 40 gesinne in Ramle en Lod.
• Traumabehandelingsuitstappies vir reserviste om hulle te help om die baie moeilike dinge wat hulle ervaar het te verwerk om weer in die samelewing te integreer.
BOMSKUILINGS
Befonds 21 beskermende skuilings en het 167 bomskuilings opgeknap.
Aliyah/immigrasie
Soos antisemitisme ongelukkig wêreldwyd toeneem, neem Aliyah/immigrasie na Israel toe. ICEJ speel steeds ’n beduidende rol in die ondersteuning van die sleutel-profetiese vervul-ling deur vlugte te befonds en integrasieprogramme te ondersteun. Christene, deur die ICEJ, het sedert 1980 meer as 185 000 Joodse mense gehelp om terug te kom huis toe na Israel en het reeds vanjaar 1 300 olim befonds. 40 Suid-Afrikaners het al in 2024 Aliyah gemaak met nog 20 wat hierdie Augustus na Israel immigreer.
ANDER ALGEMENE BYSTAND SLUIT IN:
• Bystand aan 85 kwesbare gesinne in die suidelike streke van Ofakim/Ashdod/Ashkelon – praktiese hulp sowel as mentor-ondersteuning om hul klein besighede volhoubaar te maak.
• Werkswinkels wat daarop gemik is om vertroue tussen Arabiere en Jode te herbou.
As jy met ICEJ wil saamwerk, nooi ons jou uit om met ons in verbinding te tree:
office@icej.org.za | 021 8791788 | icej.org.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 21/08/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.