Artikelbron: evangelicalfocus.com
Christene wat in Gasa woon het volgens ’n berig van Evangelical Focus ’n beroep op Israel en Hamas gedoen om die geweld te stop en ’n oplossing vir vrede te vind. Namate die geweld tussen Hamas en Israel toeneem en die dodetal aan beide kante styg, begin al hoe meer Christene hulle stem dik maak en hulle teenkanting teen die geweld uitspreek. Die dodetal het 1 400 aan die Israelse kant en 2 670 aan die Palestynse kant verbygesteek, met nog duisende beseerdes, talle van hulle in ’n kritieke toestand.
Die situasie in Gasa is besonder benard, met elektrisiteit wat afgesny is en die stad se enigste kragstasie wat nie meer in werking is nie weens ’n gebrek aan brandstof.
Geopende Deure berig dat daar ongeveer 800 Palestynse Christene in Gasa is wat verskeie denominasies verteenwoordig.
Een Palestynse Christen in Gasa het gesê hierdie konflik voel anders as vorige botsings tussen Hamas en Israel. Hy het die behoefte uitgespreek dat liefde en vrede moet seëvier en het gebede gevra vir beskerming, ‘n vinnige einde aan die oorlog en dat hulle ’n bron van lig te midde van duisternis kan wees en Christus in Gasa kan weerspieël.
Jack Sara, die direkteur van Betlehem Bybelkollege in Jerusalem, het ook die dringende behoefte beklemtoon om die huidige konflik te beëindig, met verwysing na Bybelse gedeeltes wat liefde vir ‘n mens se vyande aanspoor en bid vir diegene wat vervolg. Hy het gevra vir die staking van alle gewelddadige burgerlike en militêre aktiwiteite wat beide die Palestynse en Israeliese bevolking benadeel en het sy hartseer uitgespreek oor dade wat burgerlikes teiken, ongeag nasionaliteit, etnisiteit of geloof. Sara het ’n beroep gedoen vir opregte dialoog en vir bemiddeling vir vrede gevra.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 18/03/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








